By Lapa Uitgewers het ek 59 boeke gepubliseer sedert 1995. Eers was dit die hardebande, en daarna het die sagteband Romanza’s gekom. Sommige van die ouer boeke is reeds uit druk uit, maar daar is ook heelwat wat weer herdruk is.
Hartbees Uitgewers het 5 boeke gepubliseer en daar lê nog twee wat gepubliseer moet word.
Op Amazon is 3 e-boeek en twee Bibi-e-boeke van my. Daar is ook ‘n bundel stories vir kleuters.
Die meeste van hulle gaan oor die liefde, maar sommiges bevat ook iets meer oor die werklikhede van die lewe.

Lapa se boeke kan aangekoop word by die volgende plekke:
CNA
Exclusive Books
Graffiti Boeke
Op die Internet:
http://www.lapa.co.za
http://www.loot.co.za/
http://www.kalahari.com/ (nuwe, SOWEL AS TWEEDEHANDSE sagtebande PLUS sommige titels in e-boekformaat)
http://www.graffitiboeke.co.za
Die goedkoopste manier om Lapa se boeke te koop, is om by hulle Romanza-boekklub aan te sluit deur die volgende te doen: Gaan na LAPA se webwerf by: http://www.lapa.co.za of skakel hulle by 012 401 0700

HARTBEES UITGEWERS se boeke is beskikbaar by http://www.hartbees.site11.com asook by Graffiti boeke.
Die e-boeke is by Amazon te koop by Amazon.com op die internet.

My ander skryfwerk is kleutersprokies en tienervervolgverhale vir ‘n Christelike maandblad vir die jeug, die Slingervel wat een keer per maand verskyn. Dit kan jy by Google opspoor deur net Slingervel in die soekblok in te tik.

Advertisements

4 responses »

  1. Daar is baie beslis ‘n verskil tussen die boeke wat jy vir die verskillende uitgewers skryf ??
    Maak asb seker jou boeke word almal -nie net die paar wat nou daar is nie – by op Amazon.com beskikbaar gestel word. Jy sal ‘n baie wyer mark he en daar is baie meer mense wat glad nie van bogenoemde groepe af kan koop nie.

    Pragtige blad.
    Geniet die bosveld ook vir my.

    Groete,
    Dessi La Vaughn

  2. Dessi, baie dankie vir die terugvoer, ek waardeer dit so baie. Jy is reg, daar is beslis ‘n verskil tussen die verskillende uitgewers se boeke. My gewone skryfstyl is eintlik Lapa se boeke. Hartbees s’n het ietwat van speur en spanning in.
    Ongelukkig teken ek kontrakte met die uitgewers wanneer hulle my boeke aanvaar en kan ek dit nie self op Amazon sit nie. Tensy ek my regte op my boeke terugvra wat ek nog nie probeer doen het nie, aangesien Lapa tot en met hierdie jaar toe nog elke jaar van my ouer boeke herdruk en verkoop het.Ek sou baie graag van my veel ouer boeke as e-boeke wou opsit.
    Ons moet maar kyk wat vorentoe gebeur.
    Nogtans baie dankie vir jou belangstelling.

  3. Rika, ek waardeer die déél van jou lewe besonders baie! Ek het geleer dat ons keuses het in die lewe en ek dink nie daar ís íémand in die lewe wat kan sê dat hy/sy nooit ‘n fout gemaak het nie. Dit is vir my wonderlik om te weet ek is nie alléén in moeilike tye nie, JESUS is mét my!!! En daar is ander mense wat érger dinge as ek moet deurmaak! Daarom kán en móét ons dáár wees vir mekaar! Dis nooit lekker om deur die swaar-en seerkry te gaan nie, maar ek sé altyd dankie, want jy stap as ‘n beter en sterker mens anderkant uit. Mense het my aangepor om te begin skryf na die ongeluk. Ek wou eers nie daarbaan byt nie, maar moet nou nognet die moed bymekaar skraap en begin. Groete en Sterkte!!!

    • Dankie, Phildré, ek is bly jy verstaan en voel so daaroor. Glo my, om te skryf, verander baie dinge in jou lewe, maar dan moet jy dit geniet. Aanvanklik was dit vir my net ‘n ontsnaproete uit my dilemma, maar algaande het dit tot iets baie groters en beter gegroei.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s