Van kleindag af het ek lugkastele gebou oor stories wat ek eendag wou skryf wanneer ek groot is. Die dag het egter nie gou aangebreek nie. Daar was studies, troue, kinders grootmaak en werk wat te veel tyd in beslag geneem het.
Eers na my eerste man se dood het my lewe bietjie rustiger geword, en dit is toe wat ek besluit het, nou of nooit.
Ek skryf merendeels oor die liefde – wat sou ons ou wêreld tog nou sonder die liefde gewees het? My e-boeke en Hartbees-boeke is egter ietwat verskillend van my Lapa Romanzas. By hulle breek ‘n bietjie meer deur van wat soms maar in die werklike lewe gebeur.

Ek woon tans in die Bosveld in ‘n myndorp, Zondereinde, saam met my man, Gys en ons twee woelige kortbeen Jack Russels.

Ek het drie kleinkinders, maar twee woon ver van my af. Die naaste enetjie met haar krulkoppie, is my hart se punt en ek gaan steel dikwels by haar ‘n bietjie woema om weer aan te gaan met wat ek doen.

Die Bosveld is ryk aan voëls en voëlkykery is juis een van my stokperdjies. Ek voer hulle voor my rekenaarkamervenster met vrugte, saad en stroop.

Die beste tyd in die Bosvelddorpie is om soggens vroeg die son tussen die doringbome te sien opkom en hom saans weer te sien ondergaan.

6 responses »

  1. Baie dankie Rika, hierdie gaan ‘n interessante blog word, jy het ‘n wenner hier beet:))

    Groete
    Antoinette

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s