‘n Mens hoor dikwels van beroemdes en rykes, want daar is gedurig artikels oor hulle in nuusblaaie, tydskrifte, op televisie en op die internet. Maar wat van die alledaagse, gewone mens wat nooit erkenning selfs in die geringste mate kry vir wat hy of sy vermag nie? Hierdie is ‘n feit wat al baie jare by my spook, en ek het besluit om aan een so ‘n persoon elke maand ‘n deeltjie van my blog af te staan. Mense met flytige hande en idees, beskeie mense wat nie met hulle besonderhede te koop loop nie.
Daar is ook mense met rare ondervindings en lewensverhale waarvan mense nooit hoor nie, ek gaan met diesulkes ook gesels en hier daarvan vertel.Ek het voor ek hiermee wou begin ‘n bietjie navorsing gedoen en mense se gevoelens hieroor so effe getoets… daar is baie wat bereid is om hulle stories te vertel, maar bitter weinig van hulle wat bereid is om hulle naam daaraan te koppel omdat die meeste van daardie verhale beslis nie iets is om oor te spog nie. Ek is bereid om hulle stories anoniem te plaas as dit enigsins iets vir iemand anders kan beteken.
Hou dus hierdie blog dop, want ek gaan binnekort die eerste besonderse mens hier aan julle voorstel.

Advertisements

2 responses »

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s