Stukkie uit ANDERKANT DIE HORISON

Standard

14“Siestog, my liefling, en ek was nie eens naby nie. Dankie, Werner, dankie omdat jy my toekomstige vroutjie uit daardie skurk se hande gered het,” antwoord Elmar.

Danica se hart gee ‘n ontstelde skop. Werner is reg. Elmar leef in ‘n kokonwêreld wat hy daar in die hospitaal vir hom geskep het. Dis nodig om hom daar uit te kry, maar op hierdie oomblik is haar brein een groot niks. Sy kyk hulpsoekend na Werner, en verwag om die uitdrukking “ek het jou mos gesê” in sy oë te sien, maar al wat sy sien is dieselfde magteloosheid wat sy ervaar. Dan is dit asof hy hom ineens reg ruk toe hy die stoel los en omgestap kom tot voor Elmar.

“Elmar, luister nou mooi na wat ek vir jou gaan sê. Danica is nie jou liefling of jou toekomstige vrou nie. Ek weet nie waar jy aan sulke gedagtes kom nie, maar dit moet nou net hier stop. Jy maak Danica baie ongemaklik,” sê Werner streng sonder om te raas.

Elmar kyk vlugtig na hom en Danica, gee so ‘n ongelowige laggie, en skud sy kop.

“Ons het jou maar nog net nie gesê nie, Boet, maar ons gaan trou. Vertel hom Danica,” sê Elmar.

Tussen die vuur en die water. Dis hoe sy nou voel. Haar oë kruis ontsteld Werner s’n. Hy knipoog vinnig vir haar en wend hom weer na Elmar.

“Jy het seker maar sulke goed gedroom, Elmar. Danica gaan nie met jou trou nie. Ek en sy het gisteraand verloof geraak. Sy gaan met my trou,” sê Werner weer ferm.

Verslaentheid en ook ongeloof sprei nou oor Elmar se gesig. Hy kyk van die een na die ander.

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s