Proestukkie uit EINDELOSE LIEFDE

Standard

Eindelose liefde

“Jy dans goed, en jy soen net so goed,” fluister hy by haar oor en sy hoor die terg … of is dit spot … daarin. Onmiddellik ruk sy haar op.

“Noem jy daardie onderwatergestoei ‘n soen? As jy dit lekker noem, dan het jy nog baie om van soene te leer,” antwoord sy net hard genoeg vir hom om te hoor.

 “H’m, dit klink vir my na ‘n uitdaging, en ek laat my van niemand uitdaag en reageer nie daarop nie,” antwoord hy, hou haar stywer vas en dans met ‘n swierige swaai met haar by die deur uit op die swakbeligte stoep.

“Moenie laf wees nie, Cor. Laat ons teruggaan. Die musiek gaan nou enige oomblik ophou en Lanie-hulle gaan dadelik sien ons is nie daar nie,” antwoord sy vinnig effens benoud. Het sy nou haar hand oorspeel?

“Nee, moenie nou kleinkoppie trek nie,” fluister hy tergend in haar oor en skuif vinnig sy lippe teen haar wang af na haar mond toe. Vuurvlamme skiet deur haar sagte, sensuele lippe toe syne haar aanraak, maar skielik staan hy weg van haar af toe Lanie hom aan die arm gryp en wegtrek.

“Ag nee, Cor, dis nie nou al tyd om te kom vars lug soek nie. Jy skuld my baie danse,” sê Lanie skerp. Cor kyk stip deur die skemering na Janine. Al kan sy nie die uitdrukking daarin sien nie, rits ‘n opgewonde trilling deur haar ingewande toe hy glimlag en sy die wit glinstering van sy tande tussen sy lippe gewaar.

“Jy skuld my ook nog ‘n dans, Janine,” roep Cor toe Lanie hom met mening wegpluk terug die restaurant in.

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s