Ons pensionarisse

Standard

Vandag raak ek ‘n saak aan wat my baie na aan die hart lê, en ek weet nie wie se venyn of ontevredenheid gaan ek my op die hals haal nie. Ek sal geen besigheid se name noem nie, om aan die veilige kant te bly. Dit gaan oor die spesifieke dae wat pensionarisse met ‘n kaart kan afslag kry op hulle inkopies. Dit is nie iets wat ek net een of twee keer opgelet het nie, maar dis oor ‘n jaar se tyd wat ek die situasie elke keer op daardie twee dae dieselfde aangetref het. Die vrugte is nie vars nie, en die rakke het oral ooptandgate in waar items ontbreek. Dit vertel my die arme oumense wat hulle vars vrugte nodig het, moet nou maar vat wat hul daar kan kry. Ook die spesifieke items in die rakke wat hulle lief is om te koop wat ontbreek, forseer hulle om te vat wat hulle nie eintlik wil hê nie. Nou vra ek my die vraag af: Hoe kan dit blote toeval wees dat dié situasie elke keer op dié spesifieke twee dae van die week so haglik is? Word die oumense op die manier uitgebuit, of sien ek dit verkeerd? Goed, hulle kan op ‘n ander plek gaan koop, maar dan sonder die afslag van die pensioenkaart wat hul nie daar kan gebruik nie. En ons weet tog almal vir ‘n pensionaris in ons tyd is afslag baie belangrik. Ek sal graag julle opinie hieroor wil hoor.

Advertisements

One response »

  1. This message (and attachments) is subject to restrictions and a disclaimer. Please refer to http://www.unisa.ac.za/disclaimer for full details.
    ________________________________

    Hallo Rika,

    Ja, ek is 100% met jou in hierdie saak. Dit is belaglik dat die mense wat hard gewerk het om hierdie land op te bou nou so skandelik behandel word.
    Dit wys maar net weer hoe mammon gedien word.

    Groete

    Gerrie

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s