Splinternuwe broer uit die niet

Standard

Die gesin was vyf broers en drie susters. Daar is nog net die drie susters oor. Liefdevolle gesinslewe gehad. Die drie susters het ook aldrie al hulle 60 kerf verby gesteek. Natuurlik leef hulle ouers lankal nie meer nie. Nou die dag kom daar toe ‘n wildvreemde man by die een suster aan.  Hy groet en vra of sy (Skuilnaam) Marie Brts is. Sy antwoord ja, en hy val sommer in met die volgende woorde: Wel, ek is jou broer en ek soek al baie jare na my bloedfamilie. Die “Marie” is geskok en deurmekaar. Hoe kan hy hulle broer wees sonder dat hulle van hom geweet het?

Volgens hom het hy dmv ander familie van hulle op haar naam en adres afgekom. Sy het steeds skepties gelyk, en toe boul hy haar uit deur te sê” Ek het reeds saam met een van julle familie lede laat DNA toetse doen, ek is beslis jou… of julle… broer. Toe word daar ‘n eienaardige storie vertel.

Dit was glo in die jare wat blanke mans nog as knegte op plase gewerk het. Hy gee voor die susters se pa was so ‘n kneg, en hy het ‘n verhouding met die eienaar se dogter gehad terwyl hy reeds met hulle ma getroud was. Toe die nuus uitkom dat die eienaar se dogter swanger is van sy kind, word hy toe soos ‘n slegte brak van die plaas af weggejaag.

As gevolg van dit, het die ma toe die seun – wat nou hy is – alleen saam met ‘n ander man grootgemaak, maar hy was darem vertel hy is nie die man se kind nie. Niemand kon op daardie tydstip toe hy wou begin soek na sy biologiese pa vir hom enige leidrade gee oor waar om te soek nie. Tot op ‘n dag dat hy ‘n gesprek met ‘n verlangse familielid voer en besef hier het hy ‘n leidraad.

Die drie susters weet nou almal van hom, al het net die een suster hom al gesien. Hulle het nie veel gesels nie, die suster is al in haar laat sewentigs, en sy was te verbouereerd en ongemaklik om met hom en sy Engelse vrou te gesels. Sy sê sy weet nie of hy weer sal kom nie, en sy weet ook nie of sy wil hê hy moet weer kom nie. Die storie wat die man van hulle pa te vertelle gehad het, was vir haar onaanvaarbaar, maar sy weet ook sy kan nie teen DNA-toetse stry nie. Maar die man is amper net so oud soos hulle een broer sou gewees het as hy nog geleef het, en sy kan nie dink waarom het hy nou eintlik na haar toe gekom het nie. Sy wou hierdie dinge van haar hart af kry, want sy wil nie op haar oudag met sulke wroegings rondloop nie.

Ek kan dit verstaan, en kry haar en haar susters jammer. Die lewe loop maar sy krom draaie en dis nie uitgesluit dat ‘n mens een of ander tyd in een van daai krom draaie vas loop en dinge ontdek wat liefs maar geheim kon gebly het nie.

 

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s