Gerrie Oosthuizen

Standard

Ek weet nie wie van julle het al die boeke van Gerrie Oosthuizen gelees nie, maar lees gerus die proestukkies van hierdie drie boeke van haar, en gaan loer in by die skakels van die boeke by Kalahari.com

Gerrie Oosthuizen

http://www.kalahari.com/Digital-Downloads/Machinatie-eBook_p_47928188

As Ruan Vorster, Ondersoeker vir `n versekeringsmaatskappy en wildboer, baie seker van homself en sy vermoë om `n ondersoek vinnig, deeglik en professioneel af te handel, `n opdrag kry om `n moontlike bedrogsaak te ondersoek, huiwer hy nie. Hy is vasberade om die groen-oog brunet, Elize Adendorf, te ontmasker as die moordenares van haar man ter wille van die versekeringsgeld. So seker is hy dat die pragtige slinkse jong vrou skuldig is, dat hy nie skroom om van onkonvensionele metodes gebruik te maak om sy doel te bereik nie. Maar waarom maak sy hom so woedend dat hy sy humeur teenoor haar verloor?

 

 

http://www.kalahari.com/Digital-Downloads/Terugreis-na-More-eBook_p_47928187

Liewe aarde, wat het my tog besiel om in te stem tot hierdie lawwigheid. Hoe kon ek my laat ompraat deur die kinders om mee te doen aan hierdie affêre, en dit nogal op my ouderdom? Ek moes regtig sonder verstand gewees het…!” Dit is die gedagtes waarmee Sunè Coetzee, reeds aan die verkeerde kant van vyftig, worstel in die vliegtuig op pad na die noorde van Zambië saam  met `n groep van agt ander vir `n heerlike vakansie. Vir haar, om uit haar groef te kom en haarself weer te vind. Wat ook gouer gebeur as wat sy dink. Op die lughawe ontmoet sy die ander. Dewald Pienaar die toerleier, die gesin Fourie, Dawid, Heleen en Rykie. Die hovaardige Henk Matthee wat uit die staanspoor daarop uit is om haar te verkleineer en die twee vriendinne Christi Swart en Frieda Hansen. Dan is daar Bart Jacobs…

 

 

http://www.kalahari.com/Digital-Downloads/Die-wraak-is-Soet-eBook_p_47906203

As Christen neem Breggie Alberts haar voor om nooit haar morele waardes prys te gee nie. Wanneer sy vir Werner Gouws, `n vrolike blonde man, ontmoet en op hom verlief raak, ontdek sy eers hoe maklik dit kan wees om van daardie voornemens te vergeet. Ontnugter en platgeslaan deur omstandighede vlug sy … reg in sy onuitstaanbare arrogante baasspelerige broer, Marius, se lewe in, en sweer wraak teen al wat `n Gouws is ..

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s