SY HET HAAR PAD NA SUKSES OOP GESLAAP

Standard

 

SY HET HAAR PAD NA SUKSES OOP GESLAAP!

 

Oor die jare heen het ek al ‘n paar keer die woorde gehoor: “Sy het haar pad na die boonste leer van sukses oop geslaap!” Dit was ook die geval met Marie (nie haar regte naam nie). Sy erken openlik sy het nie omgegee om verhoudings met getroude mans te hê nie, net solank hulle haar ‘n hupstoot na die volgende sport kon laat bereik het. In daardie tyd het dit nie vir haar saak gemaak dat sy op daardie manier twee huwelike verwoes het, en nog twee ernstige knoue toegedien het nie.

Toe Marie dus twee jaar gelede die top pos in die groot firma bereik waarna sy so naarstiglik gebeur het, was sy tevrede. Nog meer so toe sy meteens die man raak loop met wie sy haar lewe vorentoe wou deel. Sy was dolverlief, en het net oë vir hom gehad – geen ander man het nou meer saak gemaak nie. Dinge kon nie meer rooskleurig vir haar lyk as op daardie oomblik nie.

Maar ons almal weet daar is geen vrou so gevaarlik soos die wat in hulle huwelik verneder en seergemaak is nie. Die twee vroue van die verwoeste huwelike het met kleur en geur vir haar aanstaande van haar ongevoelige manier van die leer klim vertel. Hy wou hulle aanvanklik nie glo nie, want Marie is dan die sagste, lieflikheid vanself soos hy haar leer ken het. Die vrouens was nie tevrede nie, en hulle het die ander wat ook onder Marie se aanslag gely het, nader gehark om vir die man hulle ondervinding met Marie se koorsige soeke na die top te vertel.

Danie (ook nie sy regte naam nie) het hierdie keer vir Marie gekonfronteer. Marie kon nie vir Danie lieg nie, en het alles erken. Sy het gesien hoe seer dit hom maak, en het by hom gepleit om nie haar verlede tussen hulle te laat kom nie, dat sy verander het en hom nooit sal verneuk nie. Haar pleidooie het op dowe ore geval. Danie was in ‘n eng huishouding opgevoed, en sy kon die veragting in sy oë vir haar lees.

Die verlowing is verbreek en nog nooit in haar lewe was Marie so alleen nie. Sy het haar werk gedoen soos dit van haar verwag word, maar saans was sy alleen in haar koue woonstel. Marie het begin gewig verloor toe haar eie gewete haar begin aankla oor wat sy gedoen het. Sy het nie gerus voor sy met elkeen van daardie vroue gaan praat het en om verskoning gevra het nie, selfs al het die meeste van hulle haar soos ‘n sleg hond weggejaag.

Danie het daarvan te hore gekom, haar jammer gekry, gesien hoe afgetakel sy lyk, en diep in sy hart tog geweet hy sal Marie altyd liefhê. Hy het ernstig met sy ouers hieroor gaan gesels, en hulle het hom gevra om Marie te vra om saam met hom berading te kry, en as hulle dit deurstaan en vir mekaar bedoel is, sal hulle aan die einde van die sessies weet.

Marie het my vanoggend uit die bloute gebel. Sy is ‘n vriendin van ‘n kleindogter van een van my broers, en dié het haar aangeraai om haar storie vir die mensdom te vertel – op die manier dalk ander met dieselfde afwykings in hulle spore te stop. Die kleindogter het haar gesê ek het al mense se stories so op my blog vertel, en sy glo ek sal dit met hierdie geval ook doen as Marie my sou vra. Ek het na die jongmeisie geluister sonder om haar dikwels in die rede te val. Daarna het ek belowe om dit presies so te skryf, en ek sal vir haar bid.

Die saak het toe darem tog ‘n goeie einde – sy en Danie trou volgende maand!

Advertisements

3 responses »

  1. Dis baie nice van jou, Rika. En ek haal my hoed af vir Marie. Dit moes leeuemoed gevra het om te gaan verskoning vra. Miskien moet jy haar vra of jy haar storie mag gebruik, dan pak jy ‘n roman aan.

    • Ja, Bets, en toe die vroue haar wegjaag – wat menslik seker is in daardie geval – was dit eens so erg. Ek praat nie dit wat sy gedoen het goed nie, glad nie, maar ek dink op die ou end het sy deeglik haar les geleer, en ek is bly die lewe vorentoe lyk vir haar beter.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s