Kasteelbruid

Standard

KasteelbruidklKasteelbruid is my nuwe Romanza wat volgende maand, Mei, by Lapa Uitgewers verskyn. Hier is ‘n beskrywing en ook ‘n proestukkie uit die verhaal uit.

Tanja kom in Suid-Afrika aan as ‘n bruid bestel uit Holland. As gevolg van omstandighede buite haar beheer, het sy hierdie desperate besluit geneem om met  Karel Retief van wie sy eintlik niks weet nie, te kom trou. Holland toe kon sy nie terugkeer nie – daar was niks meer vir haar nie.

            Sy is egter nie voorbereid op sy tweelingbroer, Leo, wat amper identies na hom lyk en duidelik wys hy wil haar nie daar hê nie. Sy het nie eens geweet Karel is aan ‘n rolstoel gekluister nie. Nog minder het sy  geweet van tant Muriel en haar dogter Marlene wat ook saam met Karel in ‘n yslike kasteel woon en ook teen haar koms gekant is nie.

Proestukkie:

“So, ek is nou die sogenaamde ysterman waarvan jy praat,” spot hy tussen lagbuie deur.

       “Ja, net om Deidre jou teleur gestel het, is alle evas nou sommer vir jou net so onbetroubaar soos sy. Weet jy wat? Ek dink jou tante is reg. Jy het Deidre nog lief, en daarom hou jy jou so hardgebak.”

       Hy trek haar meteens styf teen sy bors vas, lig haar ken met sy vingers en laat sak sy kop tot sentimeters van hare af. Sy groen oë boor in hare en om sy mond speel nou ‘n sarkastiese glimlag. Hy praat nie, laat net sy oë oral oor haar gesig kuier en eindig dan weer deur in haar oë te kyk. Sy asemhaling is warm teen haar gesig.

       Haar lyf begin liggies bewe. Nog nooit het ‘n man haar so styf teenaan hom vasgehou nie. Sy hart klop teen haar bors. Arms wat haar net stewig vashou sonder om haar seer te maak. Die sagte muskusgeur van sy naskeerroom wat haar effe bedwelm. Die afwagting wat in haar opstyg. Haar lippe wat van mekaar af wegsak. Warm asem wat hulle droog maak, en sy lek liggies oor haar lippe. Sy wil hê hy moet haar soen. Sy leun stadig vorentoe, haar oë gefassineerd op sy lippe gerig. Lippe wat nie meer spot of lag nie. Die fyn litteken links van die mond wat effe spring en haar aandag net vir ‘n sekonde aftrek voor sy weer na sy mooigevormde lippe kyk.

       “Wat weet jy van my af, vroumens? Wie gee jou die reg om so met my te praat? Jy is verkeerd oor Deidre. Ek voel net so min vir haar soos vir enige ander vrou in my lewe. Ek is gelukkig net soos ek is.” Die skor woorde wat meteens oor sy lippe kom, ruk Tanja tot helderheid. So amper het sy van haar ‘n yslike gek gemaak deur haar lippe vir hom aan te bied. Hoekom het sy die indruk gekry hy wil haar soen? Hy voel niks van die aard nie. Hy is woedend vir haar omdat sy dit durf waag het om so met hom te praat. Sy beur weg van hom af en hy los haar.

      

 

 

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s