Wanneer die son meteens sy helder lig vir jou verloor

Standard

cartoon_sun_st6Voor ek vanoggend begin werk, wil ek jul eers Ansie (Skuilnaam om goeie redes) se storie vertel. Ek het haar toestemming solank ek nie haar werklike naam verskaf nie, en ek respekteer die versoek.

Ansie en haar man was albei baie jonk toe hulle getrou het – soveel so dat hulle nog in daardie tyd toestemmingsbriefies van hulle ouers moes kry om dit te doen. Ses maande na die huwelik word Ansie swanger, en al was hulle nog so jonk, het hulle vreeslik uitgesien na die baba.

Die baba word egter op vol nege maande dood gebore- ‘n dogtertjie, en die tweetjies was in sak en as. Sy sukkel daarna om weer swanger te raak, maar eers na ‘n baarmoederskraap raak sy weer swanger. Hierdie keer word die kindjie wel gebore, maar sy moes ‘n maand voor die tyd weens hoë bloeddruk in die hospitaal opgeneem word, en toe word die ou kindjie met erge geelsug gebore. Die dag toe sy al die hospitaal kon verlaat, moes die outjie nog in die broeikas met die geel lamp agterbly. Daarna het hulle nog ‘n kindjie waarvan die geboorte niks dramaties was nie, en  hulle wou ook toe nie verder kinders hê nie.

Dit was na die kinders al albei skool toe is, dat Ansie begin verveeld raak. Nie net in die dinge wat sy doen nie, maar ook met haar man. Skielik was die komplimente van ander mans vir haar uiters belangrik en sy het gefloreer daarop. Sien, Ansie was ‘n pragtige jong vrou. Sy en haar man dryf al verder uitmekaar uit, en blote komplimente van die ander geslag is later ook nie meer vir Ansie genoeg nie. Sy het aanraking gesoek, en op die manier een uitgesonder met wie sy ‘n verhouding begin het. Skielik kon sy ook nie meer haar man se aanraking verdra nie.

Hy het geweet iets is baie verkeerd, en het haar een aand van die vele aande wat sy sonder hom uitgegaan het, gevolg, en haar saam met die man in ‘n hotelkamer betrap. Hy was nie net woedend nie, maar ook diep seergemaak.

Hy wou skei, en sou sorg dat sy nie die kinders kry nie. Hy het genoeg bewyse teen haar oor haar gedrag ingesamel daarvoor.

Dit was asof die harde, besliste woorde van haar man Ansie teruggeskok het tot die lewe wat sy gehad het met hom en die kinders voor sy begin ontrou raak het. Sy het opeens besef sy sien nie kans om haar kinders te verloor nie, en ook het sy vir ‘n sekere feit geweet sy sal nie weer so ‘n goeie man kry soos wat sy het nie. Sy het gepleit, beloftes gemaak, enigiets, net solank hy haar nog ‘n kans gee.

Goeie mens wat hy is, het hy ingestem, maar die woorde wat vir ewig in haar brein bly vassteek het was sy volgende:  “Goed, Ansie, ter wille van die kinders sal ek jou nog ‘n kans gee, maar ek wil net hê jy moet een ding weet: Omdat ek tydens ons troue geweet het jy was nog ‘n maagd, het ek jou op ‘n troontjie geplaas, en elke keer wanneer ek met jou liefde gemaak het, was dit asof jy my eie heiligdom is wat ek betree. DIT sal nooit, ooit weer dieselfde vir my wees nie. Jy het die troontjie nie waardeer nie, en ‘n bespotting daarvan gemaak.”

Ansie het in trane uitgebars, maar hy het van haar af weggestap.

Hulle is vandag al middeljarige mense en die kinders lankal uit die huis uit, is al ouma en oupa, en hulle is nog steeds bymekaar. Na die kinders uit die huis gegaan het, het sy hom gevra of hy nou sy vryheid wil hê, waarna hy sy kop geskud het, en gesê het: Die sakke sout wat ons saam gebruik het na wat jy aan my gedoen het, moet seker iets beteken, ons bly bymekaar. Maar nooit, ooit, het hy weer vir haar gesê hy het haar lief nie – iets wat diep seergemaak het, maar sy het geglo sy het dit verdien. Tog was hy vir haar baie goed, bedagsaam, behulpsaam en altyd vriendelik.

Haar verhaal het my aan die huwelik van sovele mense laat dink. Hoe baie van ons doen dalk net daardie een ding in die huwelik verkeerd wat die wonderlike samesyn van eers so ‘n kwaai knou gee dat niks ooit weer dieselfde is nie?

Advertisements

2 responses »

  1. Sjoe, dankie vir die deel van die storie, Almal maak foute – sommige foute het net erger gevolge as ander, Niemand mag oordeel nie en hierdie “straf” wat sy ontvang het, is vir ‘n vrou seker die ergste wat daar kan wees. Miskien sal hierdie storie almal weer herinner dat dit waaroor ons kla, moontlik die beste deel van ons lewens is en ons dit eintlik soos goud moet bewaar.

    • Jy is reg, Yolande – sy het dit juis vir my vertel vir ingeval dit as waarskuwing vir andere kan dien wat heel moontlik besig is om in dieselfde slaggate te trap. Vir haar om soveel jare saam met hom te bly met die wete sy sal nooit weer sy totale, wonderlike liefde besit nie, vertel my sy het opreg berou.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s