Oase van liefde

Standard

OASE VAN LIEFDEKarla het ‘n verantwoordelikheid teenoor haar klein boetie gehad, maar sy het nie die geld gehad om hom ‘n dringende operasie te laat kry nie. Dokter Walter bied aan hy sal dit betaal as sy dit sal oorweeg om met hom te trou. Sy wou eers nie, want al hou sy van hom, het sy hom nie lief nie. Hy hou aan karring en sy beloof hulle kan verloof raak om te kyk of dit tussen hulle werk.

Dit was voor sy sy stiefbroer, Dokter Anton, ontmoet het. Daar was byna dadelik vonke tussen hulle twee. Sy het dit probeer ignoreer, maar toe hulle twee saam met Anton se seuntjie en haar boetie in die vreemde land Kroasië beland, het daar ‘n oomblik aangebreek dat die hitte wat Karla se liggaam deurspoel haar wil oorweldig tydens sy aanraking, maak dit van haar ‘n kokon van begeerte, en sy voel magteloos vasgevang in die erotiese web.

Maar tuis is daar Dokter Walter teenoor wie sy ‘n verpligting het… maar wie sy weet sy nou nooit sal kan liefkry nie… nie terwyl haar hele hart na Dokter Anton hunker nie.

Oase van liefde is by Lapa gepubliseer as Oase in ‘n dorsland, maar word nou as e-boek by Amazon aangebied. Dit sal ook binnekort op Kobo in e-pub formaat beskikbaar wees.

Hier is ‘n skakel na die boek toe op Amazon.

http://www.amazon.com/Oase-van-liefde-ebook/dp/B00AW1RVJU/ref=sr_1_1?ie=UTF8&qid=1357206851&sr=8-1&keywords=oase+van+liefde

Advertisements

2 responses »

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s