Lanie se modespeurder

Standard

Lanie se modespeurder is by Lapa gepubliseer as Troebel erfenis, en is nou by Amazon.com as e-boek beskikbaar.

Lanie erf ‘n modehuis. Die baas van ‘n ander modehuis, Pierre, probeer haar oortuig om met hom te trou sodat hulle die modehuise kan laat saamsmelt. Lanie wat nog nooit egte liefde leer ken het nie, is in vertwyfeling oor sy voorstel. Veral toe daar in haar modehuis klein goedjies begin wegraak en sy verplig is om die dienste van ‘n speurder, Rudie, in te roep. Daar is onmiddellik ‘n vurige reaksie tussen hulle. Nie een wil dit erken nie – sy omdat sy beloof het om vir drie maande aan Pierre verloof te wees en probeer om hom lief te kry, en boonop lyk dit of Rudie ook oë vir ‘n ander skoonheid het – hy omdat hy nie in ‘n ander man se slaai wil krap nie.

Rudie ontmasker egter nie net die kleptomaan in die modehuis nie, maar ook die persoon wat Lanie se kolleksie ontwerpe vir haar nuwe vertoning gesteel het – dit maak heelwat mense se oë oop. Skielik het nie Lanie of Rudie meer redes om hulle gevoelens weg te steek nie…

Hier is ‘n skakel na die boek toe op Amazon.com

http://www.amazon.com/Lanie-se-modespeurder-ebook/dp/B00AA9UF38/ref=sr_1_1?ie=UTF8&qid=1353434759&sr=8-1&keywords=lanie+se+modespeurder

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s