Stadig maar seker…

Standard

Stadig maar seker is dingetjies aan die gebeur nader aan ons trekkery toe. Gys maak end Oktober klaar, en daarna bly ons nog in die huis vir November om die trekkery te finaliseer en plan te maak vir die hondjies se vervoer. November gaan dus ‘n beeeeesige maand wees. Ek is so dankbaar vir my seun van Somerset-Wes wat gaan opvlieg om ons te help bestuur af Weskus toe, want ek sien swarigheid vir my daarvoor alleen. As hy self op daardie tydstip nie kan kom nie, sal sy vriend ons kom help. Ons is besig om bokse – dose – bymekaar te maak vir die pakkery – snaaks hoe mens deesdae daarmee sukkel.

 Daar is nou nog ‘n groot afskeid wat die myn vir almal wat nou afgaan gaan hou, maar ek dink ek het my deel aan afskeid nou genoeg hier gehad. Ek glo nie aan ‘n TE… nie.

Ek neem swaar afskeid van die bome en plante wat ons oor die jare hier geplant het, maar dis maar een van daai dinge. Ek het reeds van my potplante vir my skoondogter gegee – ek vat net sommige saam.

Die meeste gaan ek natuurlik my ou krulkoppie mis.

Ek kom nie nou aan die skryf nie, daar is net eenvoudig te veel ander dinge om te doen – my kop wil glad nie in die skryfrigting dink nie. Nog elke keer wanneer ek getrek het, het daar so ‘n “dip” in my skryfwerk gekom. Sal maar sien hoe dit gaan wanneer ons eers gesettle daar onder is.

Wanneer ek net dink aan waar oral ‘n mens se adresverandering ingegee moet word, is dit al klaar ‘n job op sy eie. Ek weet nou al ek gaan sommiges nie aan dink nie. Sal maar kyk om by die poskantoor te reël vir aanstuur van pos.

Die naweek wat voorlê is ons groet-naweek vir JHB en Stilfontein se familie wat ons gereeld gesien het terwyl ons hier gewoon het, maar nou veel minder sal sien.

Almal wat my darem so nou en dan op fb en my blog gesien het, sal my steeds daar sien – net gedurende die trekkery bietjie minder. Ek het pragtige vriende op fb gemaak vir wie ek almal baie dankie sê vir mooi boodskappies en ondersteuning die afgelope jare. Ek wil nie regtig uitsonderings maak nie, maar tog moet ek vir Trisa Hugo noem – dankie, Trisa, jy het my oneindig baie geleer.

 

Advertisements

4 responses »

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s