‘n Groot dankie

Standard

Gister kom sê my man vir my ons is vir die aand uitgenooi na ‘n medewerker  se verjaarsdagfunksie by die Lapa – ‘n plek tussen die doringbome waar funksies gehou word. Ek sê dis oukei, ons het tog niks anders vir die aand gereël nie.

Dit was toe nie ‘n verjaarsdagfunksie nie – dit was ‘n afskeidsfunksie vir my en Gys van die groepie mense wat nou saam met hom gewerk het, en al was ek die ene glimlaggies, het die ou trane maar so nou en dan vlak agter my oë geskuil. Hulle het vir Gys die pragtigste horlosie gegee wat in ‘n houtstomp gemonteer is – so sal ons die Bosveld en Zondereinde nooit vergeet nie – en ek het die lieflikste ruiker gekry wat ek in ‘n lang tyd gesien het.

‘n Besondere dankie aan almal wat Gys altyd met respek behandel het, maar ook saam met hom gelag en stout gewees het.

Ek weet nie wie van die mense wat daar was is almal op faceboek nie, maar ons wil vir ieder en elk wat hierby betrokke was, baie, baie dankie sê. Ek kan nie name noem nie, want ek is bang ek laat iemand uit, maar weet net ons het hierdie gebaar baie waardeer. Julle is almal ‘n lieflike klompie mense – ons is trots om julle te ken.

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s