Onsekerheid

Standard

Onsekerheid is ‘n lelike ding vol frustrasie en soms ook angs. Dis iets wat soms so aan jou vreet dat jy eers besef dit raak nou erg wanneer jy onbekende hartkloppings begin kry en jy wonder wat gaan dan nou aan? Kry jy dan nou hartprobleme? Dan kom die dokter en hy vertel jou jou hart makeer niks, maar daar is elemente van buite af waarteen hy skop, en dit gee jou die hartkloppings.

 Jy deins terug, want jy weier om te glo wat sy volgende woorde gaan wees: stres – depressie! Woorde waarmee jy jouself belowe het jy jou nooit mee sal vereenselwig nie. Jy sê dan ook vir hom so! Hy glimlag net fyn en sê: Toe maar baie vir wie ek die diagnose gee, reageer so. Dis gelukkig ook hulle soort wat saam met die hulp van medikasie bereid is om die nare ding te beveg. Daar is diegene wat sommer onmiddellik in sak en as gaan sit en glo nou is hulle lewe verby. Jy sal fine wees… ek sien jou weer so oor ‘n rukkie, en ek weet dit gaan met ‘n glimlag wees.

Nou kyk, as ‘n dokter soveel vertroue in sy pasiënt het, hoe kan mens hom nou teleur stel? As mens net so vier maande vooruit in jou toekoms kon sien, dink jy by jouself, dan sal jy mos weet of dinge gaan verander sodat jou lewe weer normaal kan voortgaan. Nee, nee, dit sal ook nie werk nie, want netnou is jou vooruitsiening glad nie goed nie, en word jou stres verdubbel.

So, die besluit is, leef van dag tot dag met jou oë na Bo gevestig waar die beste hulp vandaan kom. En sê… ek wéét ek kan!

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s