Jou handtekening

Standard

Mens hoor soms daar word gepraat oor iemand se handtekening en waaraan dit hulle laat dink. Soos ek het eendag gehoor iemand sê as jy ’n flambojante, “afshow” handtekening het, is jy ’n publieke figuur wat jouself daarmee groter as die gewone mens wil laat vertoon. Toe lees ek dit ook eendag iewers raak – dieselfde stelling.

 Hulle sê ook as jou handtekening groot in bold gedoen is – m.a.w. groter as die res van die skrif in die dokument of wat ook al, is dit ’n teken van arrogansie!

 Die amper teenoorgestelde geld vir klein handtekeninge. Is glo dikwels skaam persone wat nie opgemerk wil word nie.

 Sober handtekeninge – plein, gewoon en dieselfde grootte as die res van jou skrif, vertel jy is wat jy is en wat jy sien is wat jy kry!

 Onderstreep jy jou handtekening met ’n swierige streep – soek jy aandag!

 Daar is nog ander ook, maar die doel van my skryf hiervan, is eintlik om vir jul te vertel wat vanoggend met my gebeur het. Ek praat mos nie baie nie en koop my goed, teken die strokie en betaal daarvoor sonder om ’n woord te praat. So kyk die kassiere my so-effe skeefkop aan en vra: “Are you Chinese?”

Nodeloos om te sê ek was amper stom van verbasing. Hoe kan enigiemand hierdie boeretannie met ‘’n Chinees vergelyk? Toe lag ek en sy lyk verleë. Ek sê toe nee, maar ek sal graag wil weet hoekom sy my so iets vra, want ek glo darem nie ek het Chinese gelaatstrekke nie. Nee, sê sy, my handtekening het vir haar soos Chinese skrif gelyk!

Watse kommentare het julle al oor julle handtekening gekry wat snaaks was?

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s