Srywerslaaikas

Standard

Ek  besluit vanoggend is die oggend dat ek ‘n slag my laaikas hier langs my rekenaar gaan reg pak. Uitgooi wat sinneloos daar lê en net die werklike  nodige hou. Daar is vier laaie.

Laai nommer een lewer selfoonkonneksies na die rekenaar en ook vir krag laai doeleindes op – myne en Gys s’n. Daarmee saam die goed se waarborge en boekies. Kan tog niks hiervan weggooi nie.

Laai nommer twee lê vol rekenaarstokkies en CD’s, penne en potlode en kleurmerers. Kan dit tog ook nie weggooi nie.

Laai nommer drie lê vol drukpapier – wit en gekleurd – kan dit beslis nie weggooi nie.

Laai nommer vier is vol notaboekies, fancy nota papiertjies, drukspykers, boekmerke,  koeverte van verskeie groottes, ou notas oor vergange se boeke wat ek geskryf het, rekkies, visite kaartjies van wie weet wie almal – ja, DIS nou eintlik die deurmekaar laai besluit ek, en maak my reg om te begin weggooi.

Ek sug op die ou einde verslae – ek het alles weer terug gepak, net bietjie netjieser as wat dit was. Die taak het my dadelik aan my reg pak van my handsak laat dink – daar word ook nooit regtig iets weggegooi nie, alles word weer terug gepak.

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s