Wanneer, of hoe, sal jy weet?

Standard

Hoe sal ‘n mens weet wanneer die dag aanbreek dat jy nou werklik nie meer wil of kan skryf nie?

 Tog sekerlik nie wanneer jy voor jou rekenaar sit en na ‘n leë skerm staar en staar nie, want dit het meeste skrywers al oorgekom.

 Afgekeurde manuskripte met meer rooi as swart ook nie, want ek is amper seker almal ken daai gevoel ook na die ontvangs van so iets. Jy gaan summier ophou skryf as dit is wat hulle van jou werk dink! Na oordenking, weet jy nie hoe kon jy so iets dink nie!

  Jy ervaar ‘n groot gaping waarin jy net eenvoudig niks uitgerig kry op daai einste leë skerm tussen ‘n laaste gepubliseerde boek en ‘n volgende een, en jy dink, dis seker maar nou klaar met my skrywery. Net tot ‘n nuwe idee jou pak en jy begeesterd daai rekenaar toetse laat kletter.

Jy sal enigiets anders doen as om jou voor die rekenaar te gaan neerplak en aan te gaan met jou skryfwerk, want jou storie is amper halfpad en nou weet jy nie verder nie. Jy het jouself vas geskryf en sien geen uitweg om dit te voltooi nie. Miskien is dit maar beter om nou op te hou om te skryf? Bog, net die dag of week daarna het jy of ‘n oplossing vir die probleem, of jy het intussen ‘n nuwe storie aangepak.

Jy lees iemand anders se werk, en dis so fantasties geskryf dat jy skielik in jou eie vermoëns wat skryf betref wil twyfel. Jy delete feitlik elke tweede sin wat jy skryf, want skielik is dit glad nie goed genoeg nie, al het jy tevore al vele sulke sinne geskryf, en was dit tog gepubliseer. Net tot jy op ‘n dag besef geen skrywer se styl is dieselfde nie – jy het tog verskeie lesers wat van verskeie skryfsels hou. Nou is jou twyfel weer iets van die verlede en jy gaan voort.

So kan ek aangaan en aangaan, maar steeds weet ek nie wanneer sal ek nou eendag weet tot hiertoe en nie verder nie? Wat dink julle?

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s