WESKUS SE MENSE

Standard

Tydens ons onlangse kort verblyf in die Weskus, spesifiek Velddrif, het ek ontdek presies hoe behulpsaam, vriendelik en gasvry die Weskussers is. Werk wat ons gedink het gaan ons die hele sewe dae neem om af te handel, het ons in drie dae klaar gekry.  En dit boonop met ‘n vakansiedag in die middel daarvan.

Ons moes 6 ton gruis kry, ‘n reeds “groot” palmboom, nog vier ander soort struike, plaveistene, grawe, harke, kruiwaens en ‘n roller. Dit het beteken rond draf van bakboord na stuurboord.

Ons monde het oopgehang toe ons by die eerste redelik klein kwekery instap waar ons die palmboom vooruit bestel het, en ons stap daar uit met alles gereël. Hul sou die gruis kry en laat aflaai, selfs self die yslike palm vir ons kom plant teen geen ekstra koste nie. Hulle het ook die ander struike voorsien, vir ons grawe, en al die ander benodigdhede geleen en selfs met hul bakkie kom aflaai aangesien ons met die motor daar was. Hulle het selfs gereël vir drie helpers om vir Gys met die werk te kom help, en daarom is alles binne drie dae afgehandel.

Mens is so gewoond vir elke liewe dingetjie wat ‘n besigheid vir jou doen, moet jy betaal. Hier het ons vir die gruis en plante en stene betaal, al die ander dienste en goed geleen was gratis. Ons was regtig verstom, en liewe mense van die Velddrif kwekery, as julle hier lees, weet ons het elke liewe stukkie hulp waardeer. Wonderlike mense, en ons sien uit daarna om eendag deel van daardie mense te wees.

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s