Die liefde los ‘n spoor.

Standard

Ek lees vanoggend ‘n stukkie oor Jak de Priester se “Liefde los ‘n spoor”, en so dwaal my gedagtes geleidelik weg na hierdie besondere woorde.
Dis sulke waar woorde daardie. Die liefde los ‘n spoor.
As mens terugdink na oral waar jy die liefde in mense se lewens sien insluip het, dink ook maar na watter tipe spoor hy daar nagelaat het. Ek sê “na gelaat” het, want sommige liefdes verander by sekere pare later in haat en laat ‘n spoor van hartseer en bittere ongelukkigheid na.
Wonderlik is die spoor van die liefde van mense wat egter jaar na jaar in vrede en harmonie saamleef, hulle kinders grootmaak en saam oud word in die wete van hulle liefde vir mekaar.
Selfs die liefde van die mens vir diere, jou liefde vir jou medemens, kinders – enige vorm van liefde laat ‘n spoor – goed of sleg, dis daar.
Dis juis omdat die spoor van die liefde in die mensdom soveel uiteenlopende gevolge kan hê, dat skrywers seker nooit sal ophou om oor die liefde te skryf nie. Net, die meeste van ons hou daarvan om hom die mooi spoor te laat loop.

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s