Die einde van jou boek

Standard

Die romanse se omslagfoto en titel wink jou nader. Die lokteks op die agterblad interesseer jou soveel, jy besluit om die boek te koop toe sy prys boonop heel billik is.
Tuis maak jy vinnig ‘n koppie tee, en gaan sit dan langbeen uitgestrek op ‘n gemakstoel en maak die boek oop by hoofstuk een.
Sommer na die eerste paar bladsye weet jy al jy gaan hierdie boek nie neersit voor jy hom klaar gelees het nie. Bladsy na bladsy sien jy uit na die volgende een. Jy leef saam met die karakters deur hulle ervarings en probleme. Daar is egter die opgewonde verwagtinge in jou dat die skrywer hierdie probleme gaan oplos, en die einde gaan gelukkig wees, jy weet net nie hoe nie. Dis wat jou vasgenael hou.
Jy kom by die laaste hoofstuk, en skielik begin die teks onder jou oë verander in ‘n verloop van die verhaal waaraan jy glad nie eens gedink het nie. Die verwagtinge van ‘n gelukkige einde wat jy saam met jou karakters wou smaak, is glad nie daar nie.
Die boek hang slap in jou hande toe jy die laaste blad toemaak. Jy voel teleurgesteld en verneuk. Waar jy andersins ‘n romanse teen die einde met ‘n salige sug toemaak en selfs die boek teen jou hart druk – gooi jy hierdie een eenkant neer, en besluit dadelik hy hoort nie in jou boekrak nie.
Het julle al hierdie ervaring gehad? Presies hoe voel julle wanneer ‘n boek se einde julle nie tevrede stel nie?

Advertisements

6 responses »

  1. Ek hoor jou. Neem wraak! Skryf jou eie boek met min of meer dieselfde tema met die slot wat jy graag wil hê. Dis die wonder daarvan om skrywer te wees. Jy plooi die ‘lewe’ soos jy dit wil hê, al is dit bloot `n fiktiewe lewe. Ek voel soms so oor n fliek wat na 2, 3 ure se gewroeg nie eindig soos dit my pas nie. Asof ek my tyd gemors het om daarna te kyk. En nie met daardie soetsalige gevoel in my hart gaan slaap nie.

  2. Baie, Baie teleurgesteld!!! Jy voel om díé sterk woord te gebruik: VERNEUK!!! Ek geniet my slapband-spookasemboekies soos party mense sê, vrééslik baie!!! Mens ontspan lekker, maar léér ook baie daaruit! Dit mag maar net stories wees, maar dis gebaseer op die werklike lewe.

  3. Ek is ‘n eindlose romantikus! Daarom, en hieroor weet ek gaan ek baie kritiek kry, blaai ek heel eerste na die laaste bladsy om doodseker te maak dit het ‘n gelukkige einde, anders lees ek doodeenvoudig nie die boek nie! Die lewe is klaar vol ups en downs, as ek lees, wil ek ten minste op ‘n up eindig! Daarom Kristel en Rika sal ek altyd julle twee se boeke verskriklik geniet, TENSY julle besluit om ‘n ander rigting in te slaan!

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s