Stap in gedagtes deur jou lewe

Standard

Ek glo nie dis net ek nie, maar ek het al dikwels gewens ek kon die wiel van my lewe terugdraai. Ek beny mense wat sê: “As ek my lewe kon oorhê, sou ek presies dieselfde lewe gely het as wat ek wel gelewe het.” Ek kan dit ongelukkig nie sê nie. Ek het baie foute in my lewe gemaak.
Foute wat in daardie stadium van my lewe glad nie vir my so verkeerd gelyk het nie, maar hoe ouer ek geword het, het my gewete my tog gepla en ek het begin wens die dinge het nooit gebeur nie.
Om maar een ding te noem. In my tienerjare was ek maar redelik hardkoppig en het soms nie my ma se raad gevolg nie. Daarna het sy gewoonlik vir my gesê: “Toemaar, wag maar tot die dag dat jy self kinders het, dan sal jy anders hieroor dink.” Hierdie woorde het in my grootmensjare al dikwels by my gespook. Ek kon nie glo dat ek as kind soms so dwars opgetree het nie.
Een van my grootste dinge in die lewe wat ek vir altyd sal berou, was my verkeerde keuse vir ‘n 2de huwelik na my man se dood. Dit het my sewe jaar van baie hartseer en ongelukkigheid besorg. Ek wens so dikwels ek kan daardie sewe jaar uitwis asof dit nooit bestaan het nie. Maar mens kan nie, en mens kan ook nie die herinnering daaraan werklik vergeet nie. Ek het daarna nie gedink ek sal dit ooit weer waag om te trou nie, maar toe stap Gys my lewe binne en hy het geleidelik my laat besef ek kan nie alle mans na my eerste man se dood nou oor dieselfde kam skeer as die tweede een wat my so laat ly het nie.
Die enigste ding wat goed was wat uit daardie sewe jaar van my lewe gekom het, was my skryfwerk waarmee ek uit pure eensaamheid en ongelukkigheid begin het. Ek het my het my hele siel daarin gewerp om van die aakligheid rondom my te ontsnap. Dis miskien hoekom ek na die eerste sukses van ‘n publikasie so koorsagtig myself gedryf het om te skryf – dit het my laat voel ek kan nog wel iets doen wat reg is, al het hy my laat voel ek is ‘n nikswerd.
Om so in jou gedagtes deur jou eie lewe te stap, is beslis nie altyd aangenaam nie.
Ander dingetjies is wel ou klein dingetjies, maar tog iets wat ek ook graag sou wou verander het as ek kon. Maar nou ja, die ou lewe is ‘n maalsteen en dit hang maar van jouself af oor hoe jy anderkant uitkom, gepoleerd, of vernietig. Ek was darem nie heeltemal vernietig nie, want oor die laaste plus minus veertien jaar van my lewe kan ek nie kla nie, en is dit die jare waarvan ek kan sê ek sou dieselfde daarvan maak as ek dit kon oorhê.

Advertisements

2 responses »

  1. En eintlik was dit goed, as jy terugkyk, anders het soveel mense dalk nie die vioorreg gehad om die plesier van jou boeke te kon beleef nie. Dan het jy dalk nooit geskryf nie. Sewe jaar se pyn, maar aan die pluskant is daar jou boeke, wat jy nooit gaan weet hoe dit dalk ander beïnvloed en plesier gee nie.

  2. Jy is seker reg, Maankind, want wanneer ek dink aan hoeveel nuwe vriende ek gemaak het – goeie vriende – dmv my boeke, kan ek net dankbaar wees. Veral indien sommige van my skryfsels tog ietsie iewers vir iemand beteken het. Tog bly daardie “terugstap” in jou gedagtes maar nie lekker nie.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s