Loekie, hierdie is spesiaal vir jou.

Standard

Ek kry vanoggend hierdie e-pos van ‘n familielid van my, en dit het sommer my ou oë vol water gemaak.

“Rika, ek is nie lief vir jou omdat jy van my familie geword het nie. Ek is lief vir jou vir dit wat jy in my lewe gebring het, dit waarmee jy my lewe ryker gemaak het. En ek praat nie hier van geldelike rykdom nie, maar van die geestelike. Deur jou het ek baie lewenswaarhede begin waardeer, waar ek in die verlede sommer so ligtelik bo-oor dit gekyk het. Dankie vir die vriendin wat jy is.”

Hoe kan ‘n mens anders as om trane in jou oë te kry met die lees van so iets? Sy is self ‘n dierbare mens, en ek was nog altyd niks anders as my gewone self teenoor haar nie. Ek het raad gegee wanneer sy daarvoor gevra het – soms het sy dit gevolg, soms nie. Geen mens is volmaak nie, en ek het haar altyd ook gesê dis maar net my mening, geen rede waarom sy dit moet volg nie, en ons albei het hierdie redenasie teenoor mekaar toegepas. Ons was van die begin af net eenvoudig goeie vriendinne. Ek het nog nooit gevoel ek moet iets anders as net myself in haar teenwoordigheid wees nie. Goeie en slegte tye en dinge het ons openlik met mekaar bespreek, en nooit ooit het dit enigsins iets tussen ons verander nie. ‘n Mens skop nie so ‘n vriendin agter elke bos uit nie. Vroeër jare toe ons mekaar nog dikwels in lewende lywe gesien het, was daar niks wat ons nie vir mekaar sou doen nie.

Dus, Loekie (dis nie haar regte naam nie, maar ek noem haar so) hierdie is spesiaal vir jou sodat jy kan weet hoe jy op hierdie dag ook my lewe verryk het. Al woon ons ver van mekaar af, en sien mekaar min, beteken jou e-posse vir my net soveel. Mag ons vriendskap hou tot die dag wat een van ons nie meer daar is nie. Ek skryf spesiaal nie hierdie boodskap direk aan jou per e-pos terug nie, want ek wil hê jy moet weet ek is nie skaam dat enigiemand dit kan sien nie. Jy is ‘n vriendin duisend.

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s