‘n Middeljarige leseres het onlangs teenoor my genoem dat sy deesdae min idiome en vergelykings in die Afrikaanse leesstof, waarvoor sy so lief is, sien. Net vir interessantheid vra ek haar toe of sy ‘n geliefkoosde idioom het. Haar antwoord was byna onmiddellik:
“Die berg het ‘n muis gebaar.” Toe besef ek, daar is beslis Afrikaanse idiome wat ek glad nie ken nie – soos hierdie ene. Ek was ook glad nie skaam om vir haar te vra presies wat dit beteken nie, en weereens was haar antwoord blitsig:
“Daar was ‘n groot lawaai oor iets, maar die uiteinde was ‘n nietigheid.”
Dit laat my dink aan Vera Womarans wat ook geskryf het oor idiome en vergelykings wat so min gebruik word – dit het al iewers agter in haar kop vermurwe geraak.
Nou wonder ek, kan julle vir my sê waarom ons idiome nie meer so algemeen gebruik word nie? Of lees diegene wat so sê bloot nie die soort Afrikaanse leesstof wat dit werklik nog bevat nie? Of beskou sommige mense dit as ‘n oudtydse manier van skryf? Ek sal werklik graag wil weet wat gereelde lesers hiervan dink? Soek hulle meer idiome in hulle leesstof, of nie?
Mar9
Miskien omdat kinders dit nie meer op skool leer nie?
Aangesien ek nie meer kinders op skool het nie – miskien is daar ouers wat wel nog skoolgaande kinders het wat ons hier kan uithelp?
My oudste kleinseun moes verlede kwartaal ’n kort storie met net idiome skryf as opdrag by die skool. Dit moes ongeveer 10 idiome bevat. So, die kinders leer beslis steeds idiome op skool.
Nou daar het ons nou ‘n antwoord hierop, dankie Wilhelmina.
Ek moet ook sê dat die ATKV se Skryfskole voornemende skrywers aanmoedig om idiome te gebruik.
Baie dankie dat jy dit met ons deel, Wilhelmina!