Inspirasie

Standard

Daar word dikwels aan ons skrywers gevra waar jy jou inspirasie vandaan kry, soos onlangs weer op die skrywersblog. Hier is my antwoord wat ek aan hulle gegee het.
My inspirasie van vroeër jare en die inspirasie van die afgelope tien jaar het nie van dieselfde bron af gekom nie. In my beginjare het ek nie die ondersteuning gekry van die naaste mense aan my nie. Inspirasie het nie na my toe aangestap gekom nie, ek moes dit soek op verskeie plekke en by verskeie mense.
Die afgelope jare vandat Gys my lewe binnegestap het, was daardie soekery op ‘n end. Nog nooit het iemand na aan my so geesdriftig met my gesels oor my skryfwerk nie. Dae wanneer ek soms voel alles wat ek skryf is nie goed genoeg nie, en ek wil dit sommer delete, is hy die een wat keer en bemoedig. Hy vra gedurig uit oor waarmee ek op die oomblik besig is, en hoe ek oor die besondere stuk voel. Ek het die vrymoedigheid om openlik met hom oor alles te gesels wat my skrywery betref, en wat ek die meeste waardeer, is sy eerlikheid in die antwoorde wat hy my gee. Nee, alles is nie altyd net goeie goed nie, maar ten minste verduidelik hy sy standpunt oor hoekom hy so sê op so ‘n manier dat ek dit kan insien en bereid is om daaraan te werk sonder om ‘n tantrum daaroor te gooi. Daar is dikwels tye wat sy geesdrif oor ‘n deel van my werk amper meer is as my eie, en dit spoor my aan na meer en na beter.
Dus, my inspirasie lê sommer hier in my huis, en dis heerlik.

Advertisements

4 responses »

  1. Baie gelukkige vrou, dis ‘n wonderlike voorreg om so ‘n sielsgenoot vir ‘n liefde te he. Ek kan nie glo dat jy na al jou wonderlike boeke nog kan dinkdit is dalk nie puik nie ! Jy bly my gunsteling skryfster. Baie dankie vir al jou skrywes wat my ure van genot besorg.

  2. Dessi, ‘n skrywer se gedagtes bokspring dikwels. Die een oomblik dink jy dit wat jy nou geskryf het, is glad nie goed nie. Jy los dit, en môre of oormôre kyk jy weer met nuwe oë daarna na jy met iemand, soos my man wat in diepte luister, daaroor gepraat het, en en die Kaap is weer Hollands. Baie dankie vir hierdie pragtige kompliment, en ek hoop die boeke wat kom gaan vir nog leesgenot sorg.

  3. Liewe Rika, ek stap Donderdag in ons bib spesiaal na jou rak toe. Daar staan amper al jou wonderlike skryfsels knus langs mekaar. Ai, ek het hulle al almal gelees. Daarom kan ek met vrymoedigheid sê dat jy dit regtig kan doen, girl! Soveel meer wonderliker as ooit as jou hartsmense soveel belang stel en jou soveel aanmoedig!
    Geniet dit en ons wag vir die volgende ene!

  4. Ronelle, baie dankie vir hierdie mooi kompliment. ‘n Leser is vir my baie belangrik, soos sekerlik vir enige skrywer, en daarom is julle opinies vir ons so waardevol. So pas het Beproefde geluk verskyn, en ek is dankbaar om te kan sê in Mei verskyn nog ‘n nuwe by Lapa. Hoop jy geniet hom ook.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s