Die gemoedstoestand

Standard

Ek is seker daarvan almal van ons was al so moedeloos, gefrustreerd, omgekrap en terselfdertyd hartseer, jy weet nie watse kant toe nie. Jy’s lus om ‘n vloermoer te gooi soos ‘n klein kindjie. Jy voel niemand in die hele wye wêreld is daar vir jou nie, maar jy moet altyd vir almal daar wees. Jy sit later met ‘n migraine wat alles vererger en later met ‘n naarheid oorheers. Jy drink maar ‘n pil of mengsel en gaan klim in die bed, ongeag of dit maar nog net halftien in die oggend is.
Wat die heel wonderlikste ding van alles is, dit kos soms net ‘n paar vriendelike woorde of gebaartjie van iemand anders om hierdie vreeslike mood van jou om te swaai. Nie noodwendig trooswoorde of gebare omdat hulle van jou toestand bewus is nie, maar sommer net omdat dit natuurlik uit hulle kom.
Watse soort mens is jy? Sal jy sonder om iets van iemand te verwag, of sonder om die persoon vir iets spesifiek moed in te praat of daarvoor te troos, sommer net iets moois vir iemand sê omdat dit uit jou hart uit kom en jy dit bedoel? Indien wel, kan jy gerus maar weet daardie paar woorde of klein daadjie het seer sekerlik al baie mense se dag gemaak in ‘n sin wat jy nooit sou kon raai nie.
Ek het die afgelope drie maande met mense oor hierdie onderwerp gesels, en daarom kan ek met vrymoedigheid vir julle sê dat hierdie ‘n besliste feit is. Jy kan ‘n verskil in mense se lewens maak, ongeag hoe gering dit ookal is. Ek kan eerlik sê dat so iets al dikwels in my lewe gebeur het presies op die tye wanneer ek so iets nodig gehad het sonder dat die persoon van my gemoedstoestand geweet het. Dit is net wonderlik.

Advertisements

6 responses »

  1. Ware woorde vriendin. Dit het al dikwels met my ook gebeur en dan sal Adel sommer net uit die bloute van die werk af bel en vra of ons nie die aand wil gaan uiteet nie of wil ek nie saam met haar gaan na Nataniel se vertoning nie. Dit is sulke klein dingetjjies wat saak maak. Maar dan ook nog, met al hierdie gemoedere van ‘n mens wat met jou wil weghardloop verlang jy nog na mense wat nie eintlik ken nie. Jy is my goeie vriendin hoor en ek is lief vir jou. Elize

  2. Rika, jy slaan die spyker op die kop. Ek is ook ‘n omgee mens en daarom verwag ek nie eintlik iets van iemand anders nie, ek wil eder drukkies gee en bemoedig, maar jong, die onweer en laagtes slaan my ook maar soms en dan is ‘n vriendelike woord of twee net die regte medisyne. Al sê iemand net daai dag my hare lyk mooi, dan lig my kop en trek my skouers sommer vanself na agter en ek kry so ‘n vinnige stappie, net omdat ek hopelik nie lyk soos ek voel nie!

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s