Nare ondervinding

Standard

Nare ondervinding gisternag op pad terug huis toe vanaf die Romanza-byeenkoms by Waverley biblioteek gehad. ‘n Groot vragmotor het langs die pad (halfpad in die teerpad) uitgebrand gestaan toe ons vroeër die dag terwyl dit nog lig was, op pad Pta toe was. Met die terugkeer ry ons nog so en sterk voertuigligte kom van vooraf aan, en die oomblik toe hy by ons verby is, moes my man sterk remme vasskop, want ineens duik die uitgebrande geraamte, saam met ‘n yslike versperring wat die deel van die pad waarop ons ry toemaak, voor ons op. Daar is absoluut GEEN rooi flikkerligte of padtekens of enigiets wat reisigers waarsku daar is so ‘n versperring voor in die pad nie. Wanneer daar boonop van vooraf ‘n ander voertuig aankom, veroorsaak sy ligte dat jy dan niks kan sien voor jy nie op die ding is nie. Ek dank die Vader die Yaris se remme is uitstekend.
Asof dit nie genoeg was nie, was daar ‘n ent verder ‘n hoop droë gras en takke dwarsoor die pad wat aan die brand gesteek was. Vlamtonge het hoog die lug ingelek, en ons moes van die teerpad af ry om om die brandende goed te ry. Daar is geen mens naby nie, net ‘n ent verder een van die groot polisietrokke wat teen die kant van die pad staan. Het geen idee wat daar aangegaan het nie.

Advertisements

10 responses »

  1. Hi Rika. Ek’s bly om te hoor julle het darem niks oorgekom nie. En die aandjie by Waverley was lekker,ne? Volgende keer moet julle weer kom. Lekker dag verder.Groete. Dina.

  2. Genadiglik nie, Dina, maar dat ek die fits uit my geskrik het, is nie altemit nie. Ja, die aand was lekker, en ek is baie bly ek het jou en nog ‘n vreemde of wat eindelik ontmoet. Dis net so vrek ver vir ons om te ry!

  3. Dit klink na iets uit ‘n riller of aksie fliek.
    Ek is bly julle is veilig ten spuite van alle teenspoed.
    Dit was inderdaad ‘n pluimpie om almal te ontmoet.

  4. Ek weet net eenvoudig nie hoe mense so ‘n versperring kan opstel en daar is geen waarskuwingsseine in die nag nie – dis baie onverantwoordelik. Die vuur was iets anders, die kon mens darem van ver af sien, al weet ons nie wat of wie dit daar gedoen het en waarom nie.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s