Skryfsels in alle formaat

Standard

Kyk jy met rand- en- sent- oë na jou produk? Natuurlik doen jy dit, want as jy dit nie gedoen het nie, sou jy nie jou produk van watse aard ook al adverteer het nie. Wat ek dus ook hiermee vir jou sê, is dat jy trots is op jou produk, want weereens sou jy dit nie adverteer het as jy nie was nie.
Julle is reg – ek praat hier van ons as skrywers, en ons produkte is ons boeke. Gedrukte boeke, e-boeke, kortverhale, vervolgverhale, tienerverhale en ook selfoonverhale steek al kop uit, maar dit maak nie saak nie, dis ons produkte en ons adverteer dit waar ons kan, en ons verkoop dit ook waar ons kan. Advertensie baat nie net vir jou nie, maar ook vir jou uitgewer. Dit is ‘n uitsondering op die reël wanneer iemand sê hy/sy skryf nie soseer vir die geld nie, maar net vir die lekkerte daarvan. Ek het dit ook al gehoor.
Stroomop teen vooruitgang op watter manier ook al van publisering, gaan jou niks in die sak bring nie. E-boeke is besig om wêreldwyd oor te neem, en al voel die regte, egte gedrukte boek so inkvars en heerlik in jou hande, sal jy maar aan die e-boek-wêreld ook gewoond moet raak. Solank die gedrukte boek nog sy waardige plek by mense se boekrakke inneem, is ons dankbaar en sal nie daarmee ophou nie, maar jy moenie ander opsies met neerhaling afmaak nie.
Sien dit so in: Jy boer met tamaties, en vir jare lank word jou tamaties in houtkassies na die verskeie kopers toe gestuur. Nou skielik moet dit in plastiekkissies verpak word, maar jy skop daarteen, want dit voel vir jou verkeerd. Wat gaan jy nou met jou tamaties maak as jy dit dan nie op die nuwe, moderne manier wil versend nie? Ophou boer? Die tamaties vir die varke voer?
Of ons dit wil weet of nie, ons IS deel van die wêreld se vooruitgang, en as jy nie wil agterbly nie, moet jy stroomaf, nie stroomop nie!

Advertisements

One response »

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s