Koffie en Klets

Standard

Hierdie Saterdagoggend het vir my ‘n heerlike koffie en klets saam met lieflike mense, Helena, haar man en dogter Anneke in Thaba se Wimpy as present gegeee. So met Lapa se Romanza-nuusblaadjie tussen ons, het ons oor lees en skryf en allerhande ander dinge waaroor te praat is gepraat. Die tydjie het gevlieg, want toe ons sien, was dit tyd vir ‘n ander afspraak wat ek ook nog gehad het.
Die ou kleintjie op Helena se skoot, is een van die kindertjies na wie sy kyk wanneer Mamma en Pappa werk, en soos gesien kan word, is dié heeltemal tuis, rustig en glukkig by haar. Klein en stroopsoet is die gesiggie.
Helena behoort aan die Romanza-klub en neem al vier die boeke elke maand, want Anneke is net so ‘n leesgeesdriftige soos haar ma. Daar is mooi drome in Helena se oë oor skryf, en ek het haar aangemoedig om te probeer – wie weet, daar dop dalk ‘n paar mooi stories uit. Haar man lees ook graag – meer die Deon Meyer soort – maar kan net so lekker saamgesels oor ons skrywers en die werk wat ons lewer.
Baie dankie vir ‘n heerlike geselsie aan al drie van julle, ek het dit geniet.

Advertisements

2 responses »

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s