JOU DROME

Standard

‘n Vriendin, Madelie Human, het onlangs gesê as mens nie meer aan jou drome kan vashou nie, kan jy maar laat los.
Ek is so geneig om met haar saam te stem. ‘n Mens droom drome oor dinge wat jy graag sal wil beleef of graag sal wil doen. Wanneer die drome onrealisties is en beslis buite jou bereik, bly dit by drome, maar steeds is dit lekker om daaroor lugkastele te bou. Tog kry jy van jou drome wat wel kan waar word as jy geduldig genoeg daarvoor wag en van jou kant af alles doen om dit te laat gebeur. Moenie verwag dat dit net in jou skoot gaan val nie.
Wanneer ek terug dink aan my drome om eendag ‘n boek te skryf, gaan my gedagtes so ver terug soos toe ek nog in die skool was en ek selfs toe al Ena Murray se boeke verslind het. Ek het aan hierdie droom bly vasklou tot na ek getroud is. Voor my eerste kind se geboorte het ek sover gegaan om my diploma in die skryfkuns te verwerf, en skielik het my droom ‘n rosige kleur gekry.
Ongelukkig het kinders grootmaak, werk en die verloor van ‘n huweliksmaat die droom steeds teruggehou om werklikheid te word. In my kop het my eerste storie egter lankal vorm aangeneem en ek het voort bly droom oor daardie eerste boek wat ek eendag in my hande wil hou.
Met my lewe bestendiger en meer tyd tot my beskikking, het ek uiteindelik die bul by die horings gevat en stukkie vir stukkie gevorder tot die dag dat ek werklik vir Wewersvlei se mense in my hande gehou het. Daardie eerste boek se omslag met die jong vrou en die baba in haar arms sal seker vir my altyd die mooiste boekomslag in die hele wye wêreld wees. Dit is die verpersoonliking van my jarelange droom waaraan ek bly vasklou het, en uiteindelik waar geword het.
Het jy vir ons ‘n storie oor ‘n jarelange droom van jou wat waar geword het? Een wat glad nie maklik gebeur het nie, maar tog op die ou end gewen het?

Advertisements

2 responses »

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s