Ons het hul nodig

Standard

Ek het eergister ‘n baie oulike vrou by Sun City ontmoet. Sy het buite op ‘n bankie vir een van die bussies gesit en wag om haar cabanas toe te neem, en het ‘n Romanza gesit en lees – een van die uwe. Natuurlik was dit ‘n aanknopingspunt. Sy en haar gesin is by die Cabanas ingeboek vir ‘n week. Hulle woon op Velddrif en was opgewonde om te hoor dat ons – oor nie meer so lank nie – dalk in Port Owen gaan aftree. Haar ma is saam met hulle daar en ek het die tannie ook vlugtig ontmoet.
Albei van hulle is geesdriftige lesers. Haar ma lees net graagter die liefdesverhale en sy lees weer graag ons romans. Sy ken Romanza, maar behoort nie aan die klub nie, en ek glo ek het haar omgehaal om daaraan te behoort om te bespaar.
Wat vir my interessant was, is dat haar ma ‘n verhaal geskryf het waaroor sy mal is, maar haar ma weier om dit in te stuur vir keuring. Die ouer dame sê sy het haar hele siel in die verhaal gesit, en dit is slegs vir haar gesin se oë bedoel. Sy het dit selfs al tot vir haar kleindogter ook gegee om te lees, want “hulle moet weet waarvandaan sy kom” was haar woorde. Sy lees graag Kristel Loots se boeke en het al twee van Alta Cloete ook gelees.
Die dogter sê sy self lees nie graag die liefdesverhale nie – daar word glo te veel gewroeg in die stories, en sy wil juis lees om van sulke dinge in die lewe weg te kom. Ons Romanzas is net die ding vir haar. Name wat sy kon onthou, was van Vera Wolmarans, Madelie Human, Alta Cloete, Bets Smit, Marietjie Welgens, Dirna Ackermann en myne. Sy erken daar was baie ander, maar sy kon nie die name onthou nie. Het self geen begeerte om te skryf nie, maar bewonder diegene wat dit wel kan doen.
Wel, ons het sulke mense nodig – die wat nie self skryf nie, maar graag ons skryfsels lees.

Advertisements

4 responses »

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s