Sluiper in die skemer

Standard

Sluiper in die skemer is nou as e-boek by Amazon.com beskikbaar.
Toe Natasha Bredenkamp die pos kry as
die ryk sakeman, Dirk Eloff se assistant,
het sy nooit verwag dat sy haar in ‘n
duister intrige begewe wat haar lewe
gaan bedreig nie.
Dan is daar Pieter vir wie sy lief geword het,
maar ‘n geheim uit sy verlede hou hulle
van mekaar af weg.
Hier volg ‘n proestukkie uit die verhaal:
“Hein, wees redelik. Jy gaan tog weer gevang word, en as jy iets aan my doen, gaan jy nog daarvoor ook boet.”
Sy skel lag weerklink oor die watergat.
“Jou iets aandoen? Jou iets aandoen? Lyk my jy besef nie dat jy nie weer lewendig uit hierdie watergat gaan kom nie! Julle sê mos ek het Pa vermoor, so wat is nog ‘n moord op die malle se kerfstok?” Hy is nou behoorlik opgewerk en Natasha vrees die oomblik dat hy sy oomblikke van normaliteit gaan verloor. Of sal dit dalk beter wees as hy weer in ‘n toestand van waansin gaan, haar nie herken nie en nie weet wat soek hy hier in die water nie?
Haar gedagtes spin in die rondte, maar geen oplossing kom na vore nie. Sy hoor die sirenes in die verte wat al nader kom. Hulle kom met ‘n spoed, want dit word vinnig al harder. Hulle is op Krulpunt se grond en die blou ligte van die voertuie flits flertse lig tussen die bome en struike deur tot hier.
“Hulle soek jou al klaar, Hein. Hoor jy nie? Hulle is hier en hulle gaan nie ophou soek voor hulle jou gekry het nie.”
“Jy hou jou bek, verstaan jy… nie ‘n woord van jou af nie,” sis hy nadat hy met een blitsige beweging agter haar inbeweeg en vasgegryp het. Sy voel iets skerp teen haar maag druk. “Net een skewe woord as hulle hier aankom, en ek sink hierdie lang mes dwarsdeur jou ingewande,” vervolg hy dreigend.
“Hein, jy sê self jy is nie ‘n moordenaar nie, en ek glo jou, anders kon jy lankal vir Lori en Betina vermoor het en niemand sou eens iets agtergekom het nie. Hoekom my nou vermoor?” Sy probeer kalmte in haar stem dwing.
“Ek was lief vir Betina… nie soos ‘n suster nie… soos die vrou met wie ek wou trou, maar ons kon nie weens die bloedbande. Al het ek later geleer om haar te haat, was die liefde steeds sterker en ek kon haar nie doodmaak nie, en ook nie die kind nie. Jy is egter anders. Jy is niks van my nie, en dit wat ek vir jou gevoel het, maak baie lankal nie meer saak nie. Jy moet boet vir wat jy hier aan my kom doen het!” Sy stem is skor en doodernstig.
Hierdie man is werklik siek in sy kop! Hoe gaan sy hieruit kom?

Advertisements

One response »

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s