Wie moet kook?

Standard

Hulle noem tog die huwelik as vyftig-vyftig, maar in sommige se geval is dit meer van sewentig-dertig.
Ek het onlangs met ‘n jonggetroude man gesels en dit wat hy my vertel het, het my laat wonder hoeveel ander jonggetroudes ervaar dieselfde probleem. Selfs ook ouer getroudes. Ek het ‘n punt daarvan gemaak en met die hulp van my man en familie, met nog vyf sulke jongmanne gepraat en drie ouer pare.
Van die manne, is daar vier van hulle se vrouens wat feitlik elke tweede of derde dag van hulle verwag om te kom kos maak wanneer hulle van die werk af kom. Hulle is dan glo moeg van heeldag huis skoonmaak en na die kinders kyk. Drie van hulle doen dit dan maar ewe gedwee.
Nou wonder ek net: dink daardie jongvroue dan nie dat hulle mans ook heeldag gewerk het nie? Sommige van hulle doen harde, fisiese arbeid en hulle is ook moeg wanneer hulle laat namiddag tuis kom. Hierdie vroutjies het nie een ander werk as net die huishouding en die kinders nie – sommiges het net een kind, en hulle is almal gesonde vroue. Is dit dan nie hulle deel van die huwelik se werk nie? Ten minste van Maandag tot Vrydag, en as manlief dalk oor die naweek af is en hy wil kosmaak, goed en wel. Dalk moet hulle oor hierdie Kerstyd weer mooi hulle huweliksomstandighede by die blinkende kersboom bedink.
Laat my weet wat julle dink.

Advertisements

4 responses »

  1. Solank take duidelik verdeel word is dit reg. DIe jong vroutjies het ‘n punt, want beide het gewerk die dag. Aandwerk moet darem ook verdeel word dink ek. Kook, skoonmaak en kinders.

    Ons geslag se mans het oor ons geloop. Ek persoonlik dink ons het ‘n raw deal gehad, ons moes werk, en huishou.

  2. Lees ek reg dat die jong vroutjies bedags tuis is? ‘Hulle is dan glo moeg van heeldag huis skoonmaak en na die kinders kyk.’

    In so ‘n geval dink ek dis skandalig. Ek het vir omtrent 10 jaar nie buitenshuis gewerk nie, net huiswerk, bak en brou, naaldwerk en kinders grootgemaak. Dan het ek nooit van my man verwag om iets te kom doen as hy van die werk af kom nie.

    Maar, in al die jare wat ek gewerk het, het ons alle pligte gedeel. Hy het dit spontaan gedoen, daar was nooit ‘n bakleiery daaroor nie. Net so nadat ons afgetree het, toe was beide mos by die huis.

  3. Dalk is dit goed vir vandag se jongmense, maar ons ouer garde weet mos jou plek as vrou is in die huis en kombuis. Ek moes vroeër jare op die dorp skool hou en nog my huis houding ook behartig, darem met ‘n halfdag huishulp, maar dit moes net gedoen word.

    My seun is darem baie meer selfstandig wat kosmaak en huis hou betref as sy pa, wat uit die era van 2 tot 3 huishulpe op die plaas in die huis kom. Hy moes vir hom self sorg die 2 en ‘n half jaar wat hy in Dubai was. MAAR, nou moet ek darem ook ‘n lansie vir Manlief steek, hy braai elke Vrydagaand en die meeste Sondagmiddae.

    Tough luck vir die mans wat val vir daai kosmaak na ‘n dag se werk! En die huisvroutjie wat by die huis sit. Ek kry hulle eintlik albei nogal jammer!

  4. Jy lees reg, Lidia, en dit is wat my bekommer. As hulle self ook nog ander werk moes doen, sou ek kon verstaan. Die meeste van die manne met wie ek gepraat het, doen harde, fisiese arbeid, en kom gedaan na werk tuis. Hulle is wel almal bereid om oor naweke met alles in die huis te help, maar hulle verwag nie om deur die week na werk te moet kom kos maak nie. Dis waarom ek vra wat julle hiervan dink.
    Dankie vir almal se terugvoering sover.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s