Proestukkie vir Gekneusde harte

Standard

“Dankie vir die wakker maak. Die weer dreun. Ek dink jy is reg, dit gaan reën. Daar lê my skoene. Ek trek hul gou aan en dan sal ons moet draf as ons nie wil natreën nie.”
“Ons is klaar te laat,” antwoord hy laggend toe sy orent kom na sy haar skoene aangetrek het. Groot enkel druppels plof op hulle neer, maar dit word vinnig meer en aaneen.
Hulle betree die lig van die sproeiligte, en sy kyk na sy laggende gesig. Reeds is sy bruin hare teen sy kop vasgeplak. ‘n Uitbundige laggie kriewel in haar keel en sy proes effens. Dan lag sy en gooi haar arms in die lug. Wanneer laas het sy reën op haar liggaam gevoel? Wanneer laas het so so vry en en sonder sorge na ‘n man gekyk wat teenoor haar staan en lag?
Helgaardt se hand neem hare, sy vingers styf om hare gevou en sonder haas, stap hy saam met haar deur die bome en struike na die rondawel toe waar die ligte brand. Net binne die deur gaan hy staan, neem haar ander hand ook en kyk nou met erns in sy diepbruin oë na haar.
“Nou weet ek ek het die regte ding gedoen om vanaand hierheen te kom. Ek het so iets nodig gehad om my weer helder te laat dink. Om daar by jou te gesit het, saam met jou nat te reën en so sorgvry te lag sonder dat ons veel gesels het, was soos moeti vir al my dwalinge, Marinda.”
Die heserigheid in sy stem ontgaan haar nie. Daar is ‘n erns in wat grens aan ‘n versoek van gemeensaamheid. ‘n Soortgelyke gevoel oorval haar. Op hierdie oomblik weet sy hulle deel dieselfde soort ontlading vir die eerste keer na hulle onderskeie traumatiese verledes. Haar oë raak verkleef aan syne. Sy verloor haarself in die diep donkertes daarvan sonder om ‘n woord te praat.
Sy arms gly om haar nek, vroetel met die knopies agter haar rug en sy laat toe dat hy oomblikke later die nat bloes laat grond toe val. Haar hande voel-voel na sy hempsknope en maak hulle een vir een los. Sy oë los hare nie. In daardie dieptes lees sy dieselfde hunkering as wat sy op hierdie oomblik ervaar… om aan iemand te behoort wat jy weet jou ook nodig het.
Die nat hemp plof op die vloer neer en Helgaardt raak ontslae van sy sopnat denim. Net ‘n oomblik huiwer sy en volg dan sy voorbeeld. Hy stap tot teenaan haar, tel haar in sy arms op en stap na die storthok toe waar hy die krane oopdraai. Heerlike louwarm strale piets oor hulle lywe. Hy neem die seep en begin daarmee oor haar skouers was. Lewenslus en opgewondenheid stroom deur haar are en sy gooi haar kop effe agteroor.
Strelend gly sy gladde seephande oor haar hals. Dit huiwer in haar kuiltjie en sak dan vlindersag laer waar sy hande liggies oor haar borste skulp voordat sy vingers sagte, sensasiewekkende kringetjies om haar borspunte trek. Marinda kan die ligte snak oor haar lippe nie keer nie. Hy kreun sag toe hy daarmee ophou en haar net styf teen hom vastrek. Met sy gesig in haar nek gedruk, hou hy haar sekondes lank net so doodstil vas terwyl die strale steeds oor hulle loop. Sy liggaam straal begeerte teen haar uit, en sy weet as hy haar nou hier vir hom wil neem, sy geen weerstand sal hê nie.
Helgaardt sug sidderend hier teen haar lyf en hy draai terselfdertyd die krane toe. Hy gryp ‘n groot handdoek net buite die stortdeur en draai dit styf om haar lyf, vou haar hande daaroor en draai ook ‘n handdoek om sy lyf. Hy lei haar na binne en gaan staan dan voor haar.
“Marinda, ons kon so maklik vanaand van alles en almal om ons vergeet het en toegegee het aan ons vleeslike hunkerings. Jy is ‘n pragtige, begeerlike vrou en dan het jy boonop ‘n lieflike geaardheid. As jy maar kan weet hoeveel selfbeheersing ek moes toepas om halt te roep. Ek vra om verskoning hiervoor, vergewe my asseblief.”
Marinda is verward. Verligting en begrip stry teen die hunkerings wat steeds deur haar liggaam rank.

Gekneusde Harte sal van môre af as e-boek by Amazon beskikbaar wees.

Advertisements

One response »

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s