Arme brakkies

Standard

Dit is nou al ‘n geruime tyd dat ons eenkantse bure se een hondjie elke nag besete blaf, feitlik sonder ophou. Voorheen was almal daar stil, en ek het begin wonder of iets dan verkeerd is. Toe begin ek oplet, en ek sien geen beweging in en om die huis nie. Ek vra my man daarna, en hy sê die man het op pensioen gegaan, maar hulle mag nog ‘n ruk lank in die huis aanbly.
Daar hang nog gordyne en by een waar dit effe oopgetrek is, kan jy nog die meubels sien, maar daar is geen mens by die huis nie.
Vanoggend staan en spuit ek die struike buite nat daar teen die draad en ek wou huil toe die hondjies die waterdruppels wat deurspat na hulle kant toe van die gras aflek asof hulle nie genoeg kan kry nie. Toe besef ek: die honde het nie water nie, en wie sê hulle het ooit kos?
Ek wou nie in die erf ingaan nie, want ek ken die mense nie juis nie. Ek druk toe sommer ‘n margarienbak onder die draad deur en spuit hom vol water. Mense, hulle het baklei om aldrie hulle bekkies in daardie bak te kry en nie ophou drink voor die bak nie leeg was nie. Ek het die bak weer volgespuit en van my honde se pille oor die draad gegooi. Ek was effe verlig toe ek sien hulle stel nie in die kos belang nie, want dit vertel my daar staan seker iewers ‘n bak wat vol pille is. Maar geen hond kan mos sonder water wees nie. Al is hulle dalk net vir ‘n paar dae weg moes hulle behoorlik daarvoor voorsiening gemaak het. Ek sal maar sorg dat hierdie ou bakkie vol water bly sonder om op die erf te loop oortree. As my hondepille daar bly lê, sal ek weet hulle het darem kos.
Ek sê altyd, moenie diere aanhou as jy nie na behore vir hulle sorg nie. As jy weggaan, vra ten minste jou bure om te sorg vir water en kos.

Advertisements

One response »

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s