Gedagtes wat kom en gaan…

Standard

As jy en jou geliefde iewers heen ry, en hy/sy vra skielik vir jou: waaraan dink jy? Gaan jy hom/haar dadelik een spesifieke antwoord kan gee? Of het jy netnou gedink die sonsopkoms is darem mooi, en direk daarna trek die bloeisels van ‘n boom jou, en bewonder jy dit – net om dan te onthou jou dogter/skoondogter se bruidsruiker het so gelyk – aan dogter gedink, verlang jy skielik na jou kleinkindjie en begin planne bedink om weer te gaan kuier… ‘n deurmekaar klomp gedagtes wat kom en gaan. As dit so is met jou, wees bly…
Dit is wanneer jou gedagtes deur een kommerwekkende of beangsde situasie vasgevang word, en dit skille voor jou oë laat ontstaan en jy nie meer die mooi natuurskoon raaksien nie, wat veroorsaak dat die rit saam met jou geliefde geensins so ontspannend is as wat dit veronderstel is om te wees nie.
Ek wens eersgenoemde vir almal van my lesers toe vir hierdie komende feesseisoen, en ook sommer vir die res van hulle lewens.

Advertisements

One response »

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s