Proestukkie uit Vlek op die Horison

Standard

Otto verdwyn in die huis en kort daarna kom daar musiek vanuit die huis deur die oop vensters na hulle toe aangewaai.
“Ek het vir ons ‘n CD opgesit,” sê Otto en stap tot voor Jessica. “Kom, jy het nog nie eens kans gehad om te dans nie.”
Jessica huiwer. Verbeel sy haar? Is die afgetrokke kyk in sy oë weg? Kyk hy na haar met warmte in sy oë soos sy jare gelede aan gewoond was? Haar hart skop hoopvol teen haar ribbes toe sy stadig orent kom. ‘n Ligte bewing trek deur haar lyf toe hy haar hand neem en haar stoep toe lei. Daar neem hy haar in sy arms en terwyl sy saam met hom oor die vloer sweef, veroorsaak sy aanraking die een na die ander aangename rillinkies deur haar lyf.
“Jy bewe… kry jy koud?” vra hy sag hier bo haar kop.
“N-nee…” fluister sy en sy hoop nie hy hoor hoe hees haar stem van emosie is nie.
“Jy kon nog altyd lekker dans, en dit het nie verander nie.”
“Jy ook,” prewel sy hier onder sy ken en haar liggaam leun stywer teen hom aan al weet sy dat sy dit nie moet doen nie. Sy het meteens net geen beheer oor haar liggaamshunkerings nie en op hierdie oomblik gee sy ook nie om wat die gevolge hiervan gaan wees nie. Dit is hemels om so intiem teenaan hom te dans en sy wil die oomblik uitrek vir solank as wat sy kan.
Sy hand streel liggies oor haar rug en Jessica wonder of hy die woeste geklop van haar hart hier teen sy bors kan voel. Sou hy weet watse uitwerking sy aanraking op haar het… steeds het?
“Jessica…” hoor sy hom hees bokant haar kop haar naam fluister, maar net toe sy haar kop wil lig om na hom te kyk, te sien of hy dalk tog dieselfde emosies as sy ervaar, word hulle ru onderbreek deur Lindsay.
“Gaan julle twee nou die hele aand verder dans? Dit is al die derde lied wat julle aaneen dans. A nee, a, dit is nou weer my beurt,” sê Lindsay hard en trek Otto van haar af weg.

Advertisements

One response »

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s