Klein stukkie dinamiet

Standard

Wilma Smallberger is ‘n klein vroutjie wat saam met haar man, Barry, op ‘n plaas so ‘n entjie buitekant Thabazimbi woon. Sy is seker die bedrywigste vrou wat ek nog ontmoet het, want ek het haar nog nooit ledig gekry nie – tog sal jy haar nooit sonder ‘n glimlag iewers aantref nie.
Die yslike plaashuis is altyd skoon en netjies, en Wilma sorg self daarvoor, alhoewel sy erken dat sy meer buite die huis as binne werk. Vir haar lieflike stokperdjie, houtsneewerk, waarvoor sy baie lief is, kry sy deesdae nie juis meer kans nie.
Ek het die verwerkte houtstukke so bekyk en dan na daardie twee fyn handjies, en ek het gewonder: hoe op aarde kry sy dit reg? Sulke fyn kurwes wat presies uitbeeld wat sy as eindresultaat wou gehad het. Sy sê sommige van die spieëls het met verskuiwings gekraak en sy kon tot nog toe nie kans kry om hulle te vervang nie. Ek sien nie eens die kraak raak nie, want die houtversiering daarom lok my oë.
Die vier foto’s wat in die een raamwerk is, is haar vier kinders toe hulle nog klein was, op wie sy baie trots is. Die kinders is lankal almal uit die huis uit, en Wilma en Barry is Ouma en Oupa van ‘n hele paar kleingoed.

Advertisements

One response »

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s