Proestukkie uit Gesluierde Nagte

Standard

“Jy is laf, Anton.”
“Is ek? Is dit nie omdat jy tog maar nog na my verlang en graag sou wou terugkom nie?” vra hy nou uittartend.
“Jy streel jou eie ego! Sowat van verwaand! “
“Jou lyftaal kan nie lieg nie, Lerina… en jy vergeet… ek kén jou.” Sy stem is steeds uittartend en dit maak haar woedend, veral omdat sy weet dat hy haar reg lees.
“Kry dit in jou kop, Anton Malan… ek verlang nie na jou nie en ek wil nie na jou toe terugkom nie. Ek voel niks vir jou nie… net soos jy niks vir my voel nie!”
“Nou is jy kwaad en dit bevestig net nog meer my vermoede al baklei jy ook hoe hard daarteen.”
“Het jy my gevra om hier te kom sit dat jy kan rede vind om met my skoor te soek? In daardie geval gaan ek liefs terug na my warm tent toe,” sê sy nou amper kortasem en kom orent.
Hy staan net so vinnig op en is met twee lang hale by haar en vat haar arms voor haar vas. Sy steier teen die dik boomstam aan.
“Bewys aan my dat jy niks meer vir my voel nie… dan sal ek ophou om jou te treiter,” sê hy hees en lig haar arms bo hul koppe uit en druk haar liggaam met syne styf teen die boomstam aan.
Sy gesig is hier by hare sodat sy sy warm asem teen haar wang kan voel. Sy gespierde lyf laat nie ‘n enkele spasie tussen hulle toe nie en toe sy kop nader buig, weet sy dat hy haar gaan soen. Sy probeer spartel, want sy weet nou al dat as sy lippe eers oor hare vou, sy week sal word daaronder. Hy is te sterk… sy kan onmoontlik wegbeweeg en dan sug sy met ‘n snikkie toe sy lippe eisend oor hare sluit en haar mond met sy tong liefkoos. Dit laat stroom ‘n vuurstreep tintelings deur haar lyf en al haar pogings om beheer oor haarself te behou, verbrokkel.
Sy wil hom nie langer beveg nie en toe hy eindelik haar arms bo haar kop los, laat sak sy hulle, sluit haar vingers agter sy kop ineen en trek hom stywer teen haar vas. Sy beantwoord sy soene met die passie en vuur wat nou al hoe lankal in haar wag om vervul te word. Sy hande wat verkennend oor haar kurwes streel laat wilde, onbeheerste ekstase deur haar liggaam vloei sodat sy snak na asem.
Dan los hy haar skielik en staan terug. Sy asem jaag net soos hare, maar as sy gedink het dit is omdat hy dieselfde emosies as sy ervaar, vind sy gou haar fout uit toe hy ‘n tartende laggie uiter.
“Jy kon nie, nè, Lerina… jy kon nie help om my terug te soen nie, want jy wil my steeds hê! Ek was reg… en jy het teen jou beterwete gestry!”
Lerina wil in die aarde wegsink. Hy het haar so oorrompel dat sy nie ‘n kans gestaan het om helder te dink en te reageer nie. Hy het haar verneder en nou verlekker hy hom daarin. Hoe gaan sy hom môre en in die toekoms weer in die oë kan kyk? Terug tart… terug spot… wat anders, dink sy amper magteloos en die laggie wat sy uiter, klink verbasend genoeg net so tartend soos syne. Sy weet die krag wat sy hiervoor kry, is gebore uit matelose selfdissipline wat sy haar oor baie jare heen aangeleer het, maar in haar binneste voel dit of daar een groot rou seer sit en klop van pyn.
“Steeds verwaand, Anton? Klim van jou troontjie af en kom aarde toe. Dink jy nou werklik vir een oomblik as jy my so kan soen en liefkoos sonder dat jy iets vir my voel dat ek nie dieselfde kan doen nie? Jy het niks bewys nie, Anton, absoluut niks, so laat ons nie verder hieroor hare kloof nie. Gaan omhels vir Sonet, want sy wil dit hê. Doen dit net voordat Renier jou hand in die as by haar slaan, want hy wil haar ook hê. Vertel my liefs wat jy volgende gaan doen om die moord te probeer oplos.”

Advertisements

One response »

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s