Skryfstylverandering

Standard

Skielik publiseer jy ‘n verhaal wat nie heeltemal ooreenstem met jou gewone skryfstyl waaraan jou lesers al vir jare lank gewoond is nie. Jy kry verskeie reaksies – sommige heel bemoedigend wat jou goed laat voel, maar ook sommige wat jou laat voel… perdeby hou jou by jou gewone manier van nesbou. Daar is lesers wat sê dis van jou beste werk wat hul nog gelees het teenoor diegene wat glad nie daarvan hou nie.
Hoe hanteer ‘n skrywer so ‘n situasie? Jy kan tog nie elke liewe leser tevrede stel nie. Selfs al het jy self lekker geskryf aan die besondere verhaal, en al was diegene wat nie daarvan gehou het nie in die minderheid volgens die reaksies daarop, is dit nog steeds iets wat jy tog nie sommer net behoort te ignoreer nie. Moet jy nou maar jou skryfdrang na die ‘wegbreek’ vir so nou en dan se andersoortige verhaal onderdruk en liefs die lesers met jou gewone skryfstyl probeer tevrede hou soos dit altyd was? Vergeet van diegene wat wel baie daarvan gehou het?
Wat is julle opinie en raad hieroor? Ek sal dit baie graag wil hoor.

Advertisements

2 responses »

  1. Weet jy, Rika, uit my leke oogpunt, glo ek jy moet groei in dit wat jy doen, anders stagneer jy lekker in jou gemaksone. Daarom – go for it! Dalk is jy nou in die gelukkige posisie om weer ‘n ander tipe leser te trek, wat dalk nooit jou boeke sou gelees het nie!

  2. Dankie vir jou reaksie, Ronelle, ek waardeer dit. Ek neem lesers se opinies aangaande my werk ernstig op en daarom het ek hierdie met julle gedeel. Dalk is jy reg. Ek het mos nie nodig om die heel tyd die een styl te beoefen nie, ek kan mos albei doen. Ek glo wanneer lesers die spesifieke boek se proestuk lees, hulle self kan besluit of hul die een wil lees of nie.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s