Lees oor hierdie bekwame vrou

Standard

Rika van Jaarsveld is ‘n alledaagse huisvrou met kinders wat sy moet grootmaak, en ‘n huishouding wat sy moet behartig. Haar twee hande staan egter vir niks verkeerd nie – ‘n vrou om te bewonder. Sy woon in die Limpopo in Zondereinde saam met haar man, At en die kinders.

Wanneer manlief aan een van die voertuie werk, is sy by en gee nie om vir olie en ghries aan die hande om te help nie. Vir tuinwerk skrik sy ook nie, en het eiehandig haar stoep voor die huis vergroot – sement aangemaak en gegooi. Sy wou ‘n paalheining hê om haar erf in twee te deel sodat hulle twee honde hulle eie werf kan hê sonder om haar plante in die ander deel plat te speel. Uit rowwe hout het sy haar planke gesaag en haar heining self gebou.

Sy maak meubels van hout wat jy nie eens gedink het daar kan iets van gemaak word nie. Die stoffering van ou afgematte meubels is vir haar kinderspeletjies. Hulle lyk so goed soos nuut wanneer sy met hulle klaar is. Rika maak die mooiste, stylvolle gordyne, en w anneer sy ‘n tydjie kan inruim, waag sy nog haar hand aan sketswerk ook. Toe ek na ‘n wit en swart skets van haar kyk en sê dit is pragtig, was haar beskeie kommentaar: ag, dis net ‘n tekening.

Sy is ‘n vrou wat nie bang is om haar sê te sê wanneer mense haar soms verkeerd opvryf nie. Sy glo nie aan onregverdigheid nie, en mense wat nie hulle werk doen soos dit gedoen moet wees nie, krap haar om. Andersins sal jy Rika nooit sonder ‘n glimlag aantref as jy haar besoek nie, gereed vir lekker gesels en kuier.

Dit is ook Rika se baie natuurlike foto wat op Hartbees Uitgewers se webwerf pryk met die boek in die hand. ‘n Foto van haar as jonger vrou, is op die omslag van die E-boek, Vlindervrou van Rika du Plessis.

Sy is nie net ‘n vrou met vele talente nie, maar ook iemand wat altyd bereid is om te help waar iemand in nood is.

Advertisements

2 responses »

    • Jy is weer bekwaam op ander maniere. Elke mens is nie dieselfde nie. Ek het tien duime as dit by sulke kunstighede kom!

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s