Drie nuwe e-boeke by Amazon

Standard

WRAAKGODIN:
Anina Enslin word wreed deur haar man mishandel. Sy wil skei, maar hy weier. Verskeie pogings van haar om weg te loop, word deur hom en sy bullebakwagte in die wiele gery. Asof dinge nie erg genoeg is nie, vind sy per ongeluk uit van sy duistere sake aangeleenthede, en hy gee opdrag dat sy vermoor moet word.
Sy spoel uit die see uit, erg vermink, maar lewe. Vissers vind haar en neem haar na ‘n klein privaat kliniek daar naby. Gedurende haar herstel daar, raak sy lief vir dokter Erik Greyling, en hy vir haar, maar sy weier om dit te erken. In haar brein is daar net een allesoorheersende gedagte: om wraak te neem op Brian Enslin vir dit wat hy aan haar gedoen het. Die wraakgedagtes en pogings om dit uit te voer, ontneem haar van alle logiese en verstandige denke sodat sy by die kliniek padgee.
Haar planne loop egter skeef, en hierdie keer staar sy die dood werklik in die oë. Sal sy kan wegkom? En indien wel, sal Erik haar ooit vir haar dwaasheid vergewe en nog ‘n kans gee? Sal sy kans kry om teenoor hom te erken dat haar liefde vir hom op die ou end baie soeter is as haar vroeëre wraakgedagtes?
VLINDERVROU as Bibi-e-boek:
Na twee vernederende egskeidings vat Amalia die pad uit die stad Vlinderland toe. Die ruwe stuk bosveldplaas naby die Kruger Wildtuin. Hier sal sy ‘n nuwe begin maak sonder enige man aan haar sy. Hierdie spesie is in haar boeke afgeskryf. Sy is moeg daarvoor om net deur hulle gebruik te word.
Omstandighede op die skoenlapperplaas is egter geensins wat sy haar voorgestel het nie. Haar woning is ‘n vreemdheid en in ‘n patetiese toestand. Daar is ‘n vreemde man in een van die gaste rondawels. ‘n Leeumannetjie laat die bloed in haar are stol. Skote klink in die nag op en vae geluide soos dowwe donderweer laat ook haar armhare orent staan.
EILANDBRUID as Bibi-e-boek
Karin Jordaan het nie sukses met mans nie. Sy woon nie net aan die verkeerde kant van die spoorlyn nie, maar is ook reeds ver aan die verkeerde kant van vyf-en-twintig. Boonop is sy ook nie beeldskoon nie. Sy voer ‘n saai en uiters eenvoudige lewe waarmee sy al begin vrede maak het.
Toe smokkelaars en moordenaars haar by hulle duisterhede betrek, verander haar lewe totaal en al.

Advertisements

2 responses »

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s